gebore
21 Nov. 1915
OORLEDE
28 Aug. 1992
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1947
ORDEN
1948
standplase
1948 Pietersburg
1959 Broken Hill
1960 Delareyville
EMERITEER
–
Ds. Johan Frederik Wohlitz (BA, I D) (21.11.1915 – 28.08.1992)
Johan Frederik Wohlitz is op 21 November 1915 gebore. Hy word in 1948 tot die bediening toegelaat en bedien die gemeentes Pietersburg, Broken Hill en vir 20 jaar die gemeente Delareyville. Hy tree in 1980 af en vestig hom op Delareyville.
Hy het as student uitgestaan as ʼn persoon met ʼn briljante verstandsvermoë. Tot sy dood het hy dan ook student gebly met ʼn groot voorliefde vir veral die dogmatiek en die belydenisskrifte. Daarby was hy ʼn besondere nederige persoon. In sy hele bediening het hy erns gemaak met huisbesoek en pastorale arbeid.
Seker die grootste kenmerk van sy lewe was sy kinderlike geloof. Sy kinderlike vertroue in God was vir almal wat met hom in aanraking gekom het, ʼn voorbeeld.
Hy was getroud met Hester Venter van Ficksburg. Uit die huwelik is ʼn seun en ʼn dogter gebore.
Na ʼn lang siekbed is hy op 28 Augustus1992 oorlede. Hy is onder blyke van groot belangstelling vanuit die gemeente Delareyville-Oos begrawe. (- Japie du Plessis). (Jaarboek 1993).