gebore
05 Aug. 1925
OORLEDE
05 Jul. 2008
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1949
ORDEN
1950
standplase
1950 Lusaka
1954 Broken Hill
1958 Rossville
1966 Edenvale
EMERITEER
–
Henry Frederick Witthuhn is op 5 Augustus 1925 op die plaas Misdeel in Barkly-Oos gebore. Sy oupagrootjie was Christiaan Witthuhn, wat in 1861 van Coet-zenburg te Pruise in Duitsland in Suid-Afrika aangekom het.
Harry se vader was Wessel Pretorius Witthuhn en sy moeder Helena Christina Susanna de Klerk. Hy het aanvanklik in die distrik geboer, maar in 1926 die eienaar van ʼn motorhawe op Barkly-Oos geword. Harry se pa is op 46-jarige ouderdom oorlede, en sy ma het met ʼn dogter en vier seuns agtergebly.
Harry het in 1931 met sy skoolopleiding op Barkly-Oos begin, en in 1942 aan die Hoërskoo I Barkly-Oos gematrikuleer. Ds. GJ Barnard (van 1928 tot 1946 leraar op Barkly-Oos) het ʼn groot rol in sy geestelike vorming gespeel, ook tannie Hettie Benade, ʼn toegewyde kind van die Here op die dorp. Aan die einde van sy skoolloopbaan het hy ʼn CSV-kamp bygewoon en die roeping ontvang om predikant te word. Aangesien hy op skool in Wiskunde en Wetenskap gepresteer het, het een van sy onderwysers aangebied om hom finansieel by te staan as hy in daardie rigting wou studeer, maar hy het dit van die hand gewys om ʼn predikant te word.
In 1943 het Harry na Stellenbosch vertrek, waar hy sy BA-graad in 1945 ontvang het en toegelaat is tot die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Een van sy dosente was prof FJM Potgieter, ʼn seun van Barkly-Oos, met wie hy hegte bande gevorm het. Aan die einde van 1949 is Harry saam met 48 klasmaats as proponent gelegitimeer, destyds. een van die grootste klasse in die geskiedenis wat afgestudeer het. Hy het as Matie rugby gespeel, was ʼn lid van die Berg-en-toerklub, en het in prof Gawie Cillie se Kweekskoolkoor gesing.
Hy het ʼn beroep as medeleraar na die NG Gemeente Lusaka in Zambië ontvang, met standplaas Broken Hill in Midde-Afrika. In die gemeente, waar die gemeentegrense groter was as die Vrystaat, is hy op 29 April 1950 met handoplegging ontvang en bevestig. Toe Broken Hill, vandag bekend Kabwe, op 13 Februarie 1955 afgestig het as ʼn afsonderlike gemeente, het Harry die leraar geword.
Harry het die kans gekry om na sy geboortedorp terug te keer en is op 18 Oktober 1958 in die NG Gemeente Rossville by Barkly-Oos bevestig. Hier het hy wonderlike tye in die hegte boeregemeenskap by Rhodes beleef. In 1963 het hy leraar van die NG Gemeente Port Elizabeth-Sentraal geword, en in 1970 1eraar is hy in die NG Gemeente Edenvale bevestig. Op 13 Junie 1970 het hy leraar van die NG Gemeente Pretoria-Tuine geword, waar hy twee dekades lank gewerk het tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 5 Junie 1990.
Tydens sy bediening van sowat 40 jaar was hy betrokke by die bou van pastorieë te Broken- Hill, Edenvale en Pretoria-Tuine.
Ds. Henry van der Schyff skryf: “Tydens die vlug van die Portugese vlugtelinge het die gemeente van Pretoria-Tuine ʼn groot rol gespeel om die mense te help. Toe ds. Chris Fourie en ds. Francois Botha die nood gevoel het virdie mense op die eilande aan die Ooskus, het Pretoria-Tuine gehelp met die totstandkoming van die Eilande-sending en vir ds. Botha as medeleraar beroep. Vir baie jare het Harry in die Sinodale Komitee vir die Diens van
Ban-nhartigheid gedien – eers as lid en later as voorsitter. Huis- en siekebesoek was, wat my betref, sy twee sterk punte. Hierin was hy ʼn ware herder wat met innigeliefde uitgereik het na mense.”
Harry Witthuhn is op 7 April 1951 met Maria Magdalena du Plessis, ʼn kindertuin- onderwyseres van Theunissen in die Vrystaat, getroud. Ds. Harry en Miemie het drie seuns en ʼn dogter gehad. Die oudste seun, Wessel, is jonk aan maagkoors oorlede. Pierre is ʼn batebestuurder by Rand Aksep Bank se eien- domsafdel ing in Roodepoort. Harry (jnr)word weens malaria stelselmatig blind en werk tot met sy dood op 34-jarige leeftyd in die Werkswinkel vir Blindes op Worcester. Marietjie is ʼn onderwyseres en woon in Somerset-Wes.
Na 40 jaar in die bediening het Harry en Miemie in die Strand afgetree, waar hy op 5 Julie 2008 gesterfhet. ʼn Begrafnisdiens is op 9 Julie 2008 uit die NG Gemeente Strand-Noord gehou, waar ds. Ig Schutte die Woord bedien en ds. Ockie Raubenheimer (sr); ʼn klasmaat van 1949, ʼn treffende huldeblyk gelewer het. Hy het onder meer gese: “Harry Witthuhn was ʼn dader van die Woord, ʼn geestelike prediker, ʼn man na Gods. hart, ʼn man van gebed met die houding en gesig van ʼn voorbidder soos van ʼn engel. ʼn Man wat naby sy Heiland geleef het en in wie se diens hy hom opofferend gewy het. Hy het as pligsgetroue herder en leraar diep in ons harte gekruip, ons siekes vertroos en bemoedig, altyd tyd vir ons probleme gehad, afsonderlike aandag aan elke katkisant gegee. Hy was ʼn wonderlike gemeenteleier, ʼn ware vaderfiguur en ʼn waardige mens-mens. Ds. Harry Witthuhn se nalatenskap word saamgevat in die woorde van Victor Frankl: He left the world a better place than he found it.'” (Jaarboek 2009).