WITSIESHOEK TEOLOGIESE SKOOL

Sedert 1960 is die opleiding van die Stofberg-Gedenkskool  voorgesit op vier verskillende plekke. Die teologiese afdeling van die oorspronklike skool het na Turfloop naby die huidige Polokwane in die destydse Noord-Transvaal verskuif (waar die NG Kerk en die Hervormde Kerk saamwerk); ‘n nuwe teologiese seminarium is op Witsieshoek in die Vrystaat gestig en die seminariums op Dingaanstat in Natal en Decoligny by Umtata by die nuwe skema ingelyf. Dié vier instellings is deur ‘n sentrale bestuur beheer waarin die streeksinodes van die NG Kerk en die sendingkerke verteenwoordig is. Elke instelling het sy eie plaaslike komitee gehad.

Begin 1960 het die nuwe teologiese skole op Witsieshoek geopen met 61 studente.