gebore
24 Nov. 1923
OORLEDE
24 Sep. 2000
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1950
ORDEN
1951
standplase
1951 Oranjeville
1959 Lusaka-Oos
1961 Robertson
1971 Touwsrivier
1977 Keurboom
EMERITEER
2000
Hennie Winterbach is op 24 November 1923 op Jakkalsfontein in die distrik van Prins Albert gebore. Sy vader was Tobias Johannes Winterbach, ʼn skaapboer in daardie wêreld, en sy moeder was Susanna Philippina Louw. Hy het sy skoolloopbaan op Laingsburg voltooi (L. aerskool van 1932 – 1938 en hoërskool van 1939 – 1942); Hennie het deurgaans eerste gestaan in sy klas en toe reeds. gedigte begin skryf, waarvan ʼn klompie in Die Jongspan van destyds. verskyn het. Hy het ook sedert st. 7 in die leerlingraad gedien en was in st. 10 die voorsitter van die raad. Na matriek het hy vir ʼn jaar lank in die Landdroskantoor op Laingsburg gewerk.
Vanaf 1944 tot 1950 het Hennie aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en die BA-graad in 1946 behaal. Hy is op 7 November 1950 gelegitimeer. Tydens sy studentejare was hy voorsitter van die “Ons bid en Studiekring”, later die Admissie bond, en in 1950 was hy medestigter van die Stellenbosse Plate vereniging vir Musiekliefhebbers.
Ds. Winterbach was ʼn groot gesinsman. Hy is op 22 Junie 1951 met Verna Elizabeth Marais op Beaufort-Wes getroud – ʼn verbintenis wat 49 jaar lank geseën was. Uit die huwelik is vier kinders gebore: Elizabeth Johanna Solinde (*1954, getroud met P du Plessis in 1967); Susanna Veranza (*1958); Tobias Johannnes (*1962, getroud met A Young in 1988) en Hendrik Marais (*1963, getroud met R du Toit in 1993); Daar is vier kleinkinders.
Hennie was predikant in die volgende gemeentes: Oranjeville, waar hy op 16 September 1951 georden en bevestig is en Lusaka-Oos, waar hy in 1959 begin arbei het. In die tyd is die gemeente van Fort Jameson, wat ʼn groot deel van Malawi beslaan het, ontbind en by Lusaka-Oos gevoeg. Sy gemeentegrense het dusoor meer as ʼn duisend kilometer gestrek!
In 1961 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en is hy op Robertson bevestig. Vyf jaar later het hy sy bediening by Port Elizabeth-Sentraal voortgesit. Van 1971 af dien hy op Touwsrivier en van 1977 was hy by die Keurboom-gemeente, destyds. in Claremont, Kaapstad. Sinvolle huisbesoek en deeglike, Geesvervulde Christosentriese prediking was vir ds. Winterbach gedurende sy hele bediening baie belangrik.
Hy het in talle sinodale kommissies, dag besture, rade en besture van die kerk en ander liggame, onder andere in die beheerrade van die Skole vir Blindes en Dowes te Worcester, die Sinodale Kommissie vir Ampsbediening en Evangelisasie, die Kommissie vir Huwelik bediening en vir Nywerheidsbediening en die beheerraad van die Kerkhuis Hanna Hopkins gedien.
Behalwe sy diepgaande teologiese kennis, het hy ook ʼn groot algemene kennis
Nederland vertrek. Terwyl hy met sy studies in Nederland besig was, is hy as deeltydse leraar van die Gereformeerde gemeente Enumatil aangestel. Drie jaar later het hy teruggekeer Suid-Afrika en is hy in Witfield-Wes bevestig. Hy het die gemeente vir ses jaar gedien voordat hy in April 1985 ʼn beroep na Naboomspruit aanvaar het. Hy was in die gemeente totdat hy in April 2000 geëmeriteer het.
Na sy aftrede het hy en sy vrou hulle op Warmbad gevestig. Vir ses maande kon hulle hulle aftrede geniet en rondreis voordat pankreas kanker by hom gediagnoseer is in September 2000. Sy gesondheid het vinnig agteruit gegaan, maar Raché het hom getrou bly versorg. Enkele maande later, op 11 Maart 2001, het hy in hulle huis gesterf.
Wikus was ʼn rustige mens wat baie toegewyd sy leraars pligte nagekom het. Hy was ʼn sterk Skrifgetroue prediker. Vir hom was die prediking, Bybelstudie en sy Belydenis-kategese klas veral belangrik . Hy was pligsgetrou en lojaal teenoor sy kerk. Sy gemeente het groot waardering vir hom gehad en hom met liefde aanvaar.
Hy het in talle ringskommissies, en ook ʼn lang tyd in die Sinodale Jeugkommissie van Noord-Transvaal gedien.
Hy was ʼn wonderlike gesinsman en het dit geniet om te sien hoe sy kinders presteer. Hulle treur oor sy heengaan, maar is dankbaar dat hulle deel van sy lewe was. – Dirk Viljoen, aan die hand van sy biografiese vorm wat deur sy eggenote in 2000 ingevul is en ʼn gesprek met haar.
gehad. Hy was ʼn musiekkenner wat oor die jare meer as ʼn duisend langspeelplate versamel het. Hy was ook ʼn ywerige seël- en muntversamelaar.
Daarby was hy ʼn vrugbare skrywer. Van sy gedigte het in die Stellenbosse Student en in die Polumnia verskyn. Preke van ds. Winterbach is ook in Die Kerkbode en in ʼn preekbundel, Die volle Raad van God, gepubliseer. Voorts het hy ʼn paar dagstukkies geskryf waarvan in Kinders van die Verbond en in Lig en Lewe verskyn het.
Ds. Winterbach was besonder wel ter tale. Hy kon dertien tale lees en ten minste ses goed praat. Sy kleinkinders vertel dat hulle hom onder andere sal onthou vir die nuwe woorde in vreemde tale wat hy hulle geleer het as hulle gaan stap het. Hy was lief vir die buitelewe en vir stap en het Tafelberg dikwels uitgeklim. Hy was ʼn ewige student wat voortdurend oor uiteenlopende onderwerpe opgelees het en ʼn buitengewoon groot boekversameling gehad het.
In 1991 het ds. Winterbach ʼn bloedklont gehad, maar hy het daarvan herstel. In Mei 1999 het hy egter ʼn hartvatomleiding gehad, in Desember ʼn nekoperasie en ʼn verdere operasie in Februarie 2000. In die laaste maande het hy vinnig agteruitgegaan en hy is op 24 September 2000 oorlede.
Sy geliefdes sal hom onthou vir s) toewyding aan die Here en vir sy gebedslewe. Jesus Christus was die middelpunt van sy lewe, voor Hom het hy gebuig Saam met die Heidelbergse Kategismus waarvoor hy baie lief was, het hy gesê “My enigste troos in lewe en in sterwe is dat ek, nie aan myself nie, maar aan my getroue Saligmaker Jesus Christus behoort.” Die NG Kerk was in eg gereformeerde sin sy moeder en hy was lojaal aan die kerk.
Om met die Woord van die Here om te gaan, was vir hom ʼn heerlike ervaring en hy het dit met groot eerbied en omsigtigheid gedoen. Hy het geleef met die Woord en dit was voortdurend in sy gedagtes Sowat ʼn week voor sy dood het hy nog tydens sy stiltetyd vir sy vrou gesê: “Ek sê net gou dankie vir Matteus en Lukas dat hulle alles oor Jesus so noukeurig opgeteken het. Hulle het sy werke gesien en ondervind en dit vir gelowiges volledig neergeskryf.”
Ons dank die Here vir ds. Hennie se getuienis en vir sy gawes omdat ons ook die Here deur hom kon belewe en geestelik verryk word. – Ds. Willie Cilliers van Kuilsrivier, aangevul deur Dirk Viljoen aan die hand van die biografiese vorm wat hy op 15 Februarie 1997 ingevul het.