Wilcocks, David

 

gebore

13 Feb. 1861

OORLEDE

20 Jul. 1944

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1890

ORDEN

1891

standplase

Vryburg

1895 Mosselbaai

1899 Vryburg

1903 Aliwal-Noord

1906 Prins Albert

1911 Mosselbaai

1921 Riebeek-Kasteel

1925 Send.-Instituut

EMERITEER

1932

Ds. David Wilcocks is gebore op 13 Februarie 1861. Vir sy teologiese studies is hy na Stellenbosch waar hy in 1890 gelegitimeer is. Hy het ʼn lang en vrugbare bediening gehad. Sy eerste gemeente was Vryburg waar hy op 20 Maart 1891 georden en bevestig is. Daarna het hy agtereenvolgens die volgende gemeentes bedien: Mosselbaai 1895, Vryburg 1899, Aliwal-Noord 1903, Prins Albert 1906, Mosselbaai 1911, Riebeek-Kasteel 1921. Dat hy twee gemeentes twee keer bedien, is ʼn bewys van hoe hy as evangeliedienaar waardeer is. Hy het hom besonder beywer in belang van die onderwys. In 1925 het hy dosent in die Sending-Instituut te Wellington geword. Hier het hy ʼn groot werk gedoen. Sy lewe is gekenmerk deur innige godsvrug. ʼn Man vir wie die evangelie aan die hart gelê het en daarom het hy met toegewydheid gewerk. By al sy veelvuldige werksaamheid het hy enduit student gebly. Toe hy 70 was het hy sy M.A. graad behaal en daarna het hy vir ʼn doktorsgraad gewerk. Op 20 Julie 1944 is hy onverwags oorlede. (Jaarboek 1945).