gebore
24 Jul. 1912
OORLEDE
3 Okt. 1980
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1937
ORDEN
1939
standplase
1939 Noorder-Paarl (Hpr.)
13 Jun. 1942 – 11 Okt. 1947 Swellendam
1947 Joubertina
1955 Riversdal-Wes
1962 Bredasdorp
EMERITEER
1976
Ds. Pieter Gideon Wiid (24.7.1912 – 3.1O. 1980) het gedurende sy bediening van nagenoeg 37 jaar sy roeping as herder en leraar met die grootste nougesetheid en ywer vervul. Byna 30 jaar van sy dienstyd het hy met liggaamlike pyn te kampe gehad, maar met weergalose roepingsbewustheid en die oorvloedige genade van God het hy enduit volgehou. Sy skooljare bring hy op sy geboortedorp, Hopetown, deur en daarna studeer hy 1931-1937 aan Stellenbosch se universiteit en Kweekskool. Na sy legitimasie vind hy sy weg na verskeie tydelike werkkringe, totdat hy 17.5.1939 as hulpprediker in Noorder-Paarl bevestig word. Hiervandaan gaan hy Junie 1942 na Swellendam om presies vyf jaar later, soos sy opvolger ook sou doen, ʼn beroep na Joubertina in die Langkloof aan te neem. Vervolgens neem hy 1955 ʼn beroep na die nuutgestigte Riversdal-Wes aan, sodat hy, soos sy voorganger in Joubertina ook gedoen het, na die dorp vertrek. Van Februarie 1962 tot 21.3.1976 toe hy sy emeritaat aanvaar, wy hy sy kragte en die rykdom van sy ervaring aan die diens van die Here in Bredasdorp. Hy en sy eggenote vestig hulle op Swellendam en daar sterf hy skielik. (Jaarboek 1982/260).