Weich, Alfred August

 

gebore

22 Jan. 1862

OORLEDE

22 Jun. 1952

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1886

ORDEN

1887

standplase

Vryburg

1890 Nieu-Bethesda

1908 Jacobsdal

EMERITEER

1927

Ds. Alfred August Weich was die seun van ʼn Rynse sendeling en is op 22 Januarie 1862 op Komaggas gebore. Hy is in 1886 gelegitimeer en in 1887 te Vryburg bevestig. Nadat hy vanaf 1890 te Nieu-Bethesda en 1908 te Jacobsdal werksaam was, het hy in 1927 sy emeritaat aanvaar, na `n geseënde dienstyd van 40 jaar. Hy was algemeen bekend as “Jong Oupa” en met hierdie skuilnaam was hy aan duisende lesers, veral kinders, bekend en bemin. Tot in sy hoë ouderdom was hy nog besonder aktief en steeds. begerig om die Woord te verkondig. Hy was ʼn getroue arbeider in die diens van sy Meester. Ds. Weich is op Sondag 22 Junie 1952 aan woning te Bellville in die ouderdom van 90 jaar oorlede. (Jaarboek 1953).