
gebore
24 Jan. 1873
OORLEDE
23Jan. 1933
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1902
ORDEN
1903
standplase
1926 Niekerkshoop
1929 Maclear
EMERITEER
–
Ds. J. G. Weber: Die eerste uit die ry van die evangeliedienaars van ons Kerk om in 1933 die tyd met die ewigheid te verwissel, was die leraar van Maclear, Ds. Johan Georg Weber. Hy is 24 Januarie 1873 gebore -’n seun van wyle Eerw. J. G. Weber, in Iewe Rynse sendeling, eers in Damaraland en Iater te Sarepta, Kuilsrivier. Hy het sy voorbereidende studie aan die Victoria-kollege, Stellenbosch, en sy teologiese opleiding aan ons Kweekskool aldaar ontvang. Teen die end van 1902 toegelaat, is hy 13 Mei 1903 georden en bevestig as eerste leraar van die gemeente McGregor, waar hy byna vyf-en-twintig jaar gearbei het. Die teenswoordige ruime kerkgebou is onder sy toesig opgerig en die grondslag van die gemeentelike werk-saamhede is deur hom gelê. In 1926 het hy ʼn beroep aangeneem na Niekerkshoop, wat hy in 1929 verwissel het vir Maclear. Op laasgenoemde plaas is hy 23 Januarie 1933 onverwags oorlede ten gevolge van ʼn skok wat ʼn aar in sy brein Iaat bars het. In voldoening aan sy begeerte is sy stoflike oorskot na McGregor oorgebring en daar naas sy oorlede dogtertjie begrawe. Ds. Weber was ʼn man met ʼn liefdevolle en aantreklike karakter, wat die evangelie op aangrypende wyse verkondig en die Meester en Sy Kerk met toewyding gedien het. (Jaarboek 1934).