gebore
22 Des. 1891
OORLEDE
26 Feb. 1962
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1917
ORDEN
1918
standplase
1920 Pearston
1928 Argentinië
1931 Excelsior
1942 Philadelphia
1951 Outeniqualand
EMERITEER
1960
Ds. Jacob Johannes Wasserfall is op 22 Desember 1891 gebore, en is in 1917 gelegitimeer. Nadat hy in die gemeentes Keimoes en Pearston gestaan het, het hy in 1928 vir drie jaar na Argentinië gegaan, waar hy predikant vir die Afrikaners was en ʼn groot rol gespeel het in hulle uiteindelike repatriasie. Na sy terugkeer het hy die gemeentes Excelsior, Philadelphia en Outeniqua bedien. Hy het in 1960 sy emeritaat aanvaar, maar daarna, tot November 1961, het hy nog Aandrus die dorpie vir bejaardes in Boemfontein bedien. Tydens sy bediening het hy baie jare met toewyding in die Kommissie vir die Diens van Bamthartigheid sowel as die Kakamaskommissie gedien. Hy is op 26 Februarie 1962 in die ouderdom van 70 jaar oorlede. (Jaarboek 1963).