WANDA SCHWEINSBERG TEHUIS, BLOEMFONTEIN

 

Wanda Schweinsberg Tehuis

 

 

 

Die Wanda Schweinzberg Tehuis in Bloemfontein bied huisvesting aan sowat 40 tot 50 bejaardes.

As gevolg van ‘n geskenk van wyle mnr. G. Schweinsberg, van Fauresmith, wat the som van £6,000 beloop het, was dit vir die Sinodale Algemene Armesorgkommissje van die Vrystaatse Kerk moontlik om gedurende 1931 die Wanda Schweinsberghuis (vir behoeftige ou mense) in Bloemfontein op te rig. Daar is twee ruim geboue opgetrek, een vir ou dames en een vir ou mans, elk met plekruimte vir 26 inwoners, behalwe die huisvader en
die huismoeder. Die inrigtlng dra die naam van “Wanda Schweinsberghuis” volgens die wens van wyle Mnr. Schweinsberg. Die “Wanda” vooraan dien ter gedagtenis van wyle Mev. Schwelnsberg, wie se voornaam Wanda was. Die inrigting staan onder beheer van die Algemene Armesorgkommissie van die Vrystaatse Kerk wat die Kommissle van Toesig aangestel het. Die inrigting is in Januarie 1932 geopen met ‘n 16-tal ou mans, wat van die vroeëre oumannetehuis op Edenburg hierheen oorgeplaas Is. Teen 1940 was daar 26
ou mans en 9 ou dames gehuisves.