Walters, Stephanus Sebastiaan

 

gebore

27 Mrt. 1940

OORLEDE

28 Mei 1983

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1964

ORDEN

1965

standplase

1965 Askham

1971 Salisbury-Suid

1975 Marandellas, Rhodesië

Roossenekal

1981 Demissie

EMERITEER

Kol Stephanus Sebastiaan (Fanie) Walters (27.3.1940-28.5.1983); die 19de slagoffer van die terreurbomaanslag in Pretoria, was ʼn seun van Vredenburg en leraar van Askham in Noord-Kaapland se gedeelte van die Kalahari waar hy op 25.4.1965 met oplegging van hande bevestig is, toe van Salisbury-Suid (*1971) en van Marandellas (*1975) in die vroeëre Rhodesië en eindelik van Roossenekal (*1978) in Noord-Transvaal totdat hy in 1981 demissie vir verdere studie gekry het. Hy was sowat ʼn jaar aan die afdeling MiIitêre Inligting van die SA Weermag verbonde en tot kort voor sy dood het hy nog aan ʼn proefskrif oor ʼn onderwerp in die kommunikasiekunde gewerk. Sonder dat hy ooit sy bewussyn herwin het, is hy in die H F Verwoerd-Hospitaal in Pretoria oorlede. Hy was uit die distrik Vredenburg afkomstig en het sy universiteit- en teologiese studie op Stellenbosch voltooi waar hy in 1964 ook gelegitimeer is. In die gemeentes wat hy bedien het, was hy ʼn getroue werker. Hy was o.a. skriba van die Sinode van Midde-Afrika en was ʼn talentvolle skrywer. (Jaarboek 1984).