Von Wielligh, Johannes Lodewicus

 

gebore

13 Feb. 1898

OORLEDE

10 Mrt. 1971

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1928

ORDEN

1929

standplase

1929 Amalia

1940 Langlaagte-Weeshuis

1946 Gobabis

1949 Weza-Port Shepstone

EMERITEER

1963

Ds. Johannes Lodewicus von Wielligh is op 13 Februarie 1898 op Middelburg, Tvl. gebore en op 10 Maart 1971 op Pietersburg oorlede. Hy het in 1928 in die bediening getree en in 1929 leraar van Amalia geword. Vanaf 1940 is hy assistent-direkteur van die Abraham Kriel-Kinderhuis op Langlaagte, totdat hy in 1946 predikant van Gobabis word. Vervolgens staan hy vanaf 1949 tot sy aftrede in 1963 in die gemeente Weza-Port Shepstone. As emeritus sit hy nog as hulpprediker sy geestelike arbeid in verskeie gemeentes voort en vir die laaste vier jaar van sy lewe was hy hulpleraar in Potchefstroom-Suid. Sy arbeidsjare was vrugbaar en geseën. Van sy begaafdheid en besondere belangstellings het sy navorsingswerk op verskeie gebiede getuig, (Jaarboek 1972/541).