Voltelen, Christiaan Benjamin

gebore

26 Jan. 1723

OORLEDE

25 Mrt. 1758

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1750

ORDEN

1750

standplase

Swartland

1755 Kaapstad

EMERITEER

Ds. C.B. Voltelen (1752) Zwartland 1752 en Kaapstad.

Ds Christiaan Benjamin Voltelen is op 26 Janaurie 1723 te Paramaribo gebore. Op 13 September 1743 skryf hy in vir teologie aan die Universiteit van Leiden. In 1748 word hy aangewys om in die Indiese kerk te dien, maar bly eers aan in Doesberg. Op 14 April 1749 tree hy te Wehl in die huwelik met Anna Christina Rasch. Op 12 Januarie 1750 word hul eersteling, Arnold Willem gebore, maar 12 dae later sterf die moeder. Hy vertrek nog dieselfde jaar na die Kaap en word op 24 September predikant van die Zwartlandse gemeente. Op 6 Februarie 1752 tree hy daar in die huwelik met Gertruida Susanna Meiboom. Op 15 Mei 1755 word hy aangestel as predikant in Kaapstad.Hy was die eerste skriba en daarna praeses van die Gekombineerde Kerkvergadering. Hy is in Kaapstad oorlede op 25 Maart 1758.

Sy seun, Floris Johannes, word op 12-jarige ouderdom na Holland gestuur deur sy voog, Baron van Reede van Oudtshoorn. Hy woon eers die Latynse skool in ‘s Hertogenbosch by en gaan studeer daarna teologie te Utrecht.