Volsteedt, Johannes Albertus Roux

 

gebore

26 Jun. 1874

OORLEDE

4 Sep. 1946

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1904

ORDEN

1905

standplase

 Langlaagte

1906 Kenhardt

1914 Sutherland

1924 Moorreesburg

EMERITEER

1940

Ds. Johannes Albertus Roux Volsteedt is op 26 Junie 1874 gebore op die plaas Libertas, Stellenbosch. Hy het hom eers as onderwyser bekwaam en agt jaar lank in die Boesmanland en die distrik Kenhardt onderwys gegee. Aan die begin van 1901 is hy na die Kweekskool en aan die einde van 1904 is hy tot die evangeliebediening toegelaat. Vanaf die begin van 1905 het hy as hulpprediker te Langlaagte gewerk alwaar hy ook in Julie van genoemde jaar georden is. In September 1906 is hy te Kenhardt bevestig waar hy gestaan het tot 1914 toe hy ʼn beroep na Sutherland aangeneem het. Hier het hy tien jaar lank gewerk toe hy na Moorreesburg vertrek het alwaar hy gebly het tot 1940 toe hy sy emeritaat aanvaar het. Hierna was hy in verskeie gemeentes behulpsaam. Hy was stil van geaardheid en nededig en vriendelik. Sy bediening in al sy gemeentes met groot toegewydheid en deeglikheid verrig. Hy was ʼn geliefde leraar. Sy lewenswandel was konsensieus en opreg en hy het by almal respek afgedwing. Sy werk was vir hom ʼn lus en daar het groot seën op sy arbeid gerus. Hy is op 4 September 1946 oorlede. (Jaarboek 1947).