Vlok, Theunis Christoffel Botha

Ds. Volk Theunis

gebore

18 Jan. 1866

OORLEDE

2 Sept. 1936

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1889

ORDEN

1895

standplase

1889 Njassaland

1911 Salisbury

EMERITEER

Eerw. Theunis Christoffel Botha Vlok is 18 Januarie 1866 in die Sutherlandse distrik gebore. Van sy negende tot sy sestiende jaar het hy by sy grootvader Botha, naby Goudini, ingewoon en daar skoolgegaan. Na hy ʼn onderwyserskursus aan die Normaalskool te Kaapstad en die sendelingskursus aan die Opleidingskool te Wellington gevolg het, is hy in 1889 tot die bediening toegelaat. Daardie selfde jaar is hy Nyasaland toe. In Julie 1889 het hy Ds. Murray te Bandawe ontmoet en saam te voet op weg gegaan na ʼn middelpunt vir ons sending in daardie land te soek. En vier maande later op 28 November, het hulle naby die kraal van ʼn Augoni-hoofman, Chiwidi, ʼn plek gekies en dit Mvera geheet, wat Gehoorsaamheid beteken. Mvera is lange jare die hoofstasie van die Nyasa-sending gewees, maar nou is Mkhoma, wat in 1896 deur Eerw. Vlok gestig is, tot daardie eervolle posisie verhef. Kort voor hierdie stigting is sy eerste eggenote, Mej. Bessie Horne, van Riversdal, aan malaria gestorwe. Sy tweede eggenote, Mej. Margaretha Blake, wat byna veertig jaar trou aan sy sy gestaan het, oorleef hom. In 1911 is eerw. Vlok aangewys as die arbeider te Salisbury onder die duisende naturelle wat uit Nyasaland en elders suidwaarts na Rhodesië getrek het om daar op die myne en op die plase te werk. Hy was gehoorsaam aan die roepstem en gevolglik het hy die laaste vyf-en-twintig jare van sy lewe aan hierdie besondere werk gewy. Onder sy leiding het dit ontsaglike afmetings aangeneem, wat ingesluit het ʼn boek-depot wat bedoel was om die volk van leesstof te voorsien. En al hierdie werk het hy met toewyding en onverminderde moeite en ywer voortgesit tot die middel van 1936 toe hy Kaap toe moes kom vir behandeling weens ʼn ongesteldheid in die hospitaal. En hier is hy, na ʼn operasie, op 2 September 1936 sy ewige rus ingegaan. Sy stoflike oorskot is op Wellington begrawe. Eerw. Vlok was ʼn besondere gawe van die Heer aan ons Kerk en ons dank God vir die gawe.