Visser, Josias Jacobus Cornelius

 

gebore

18 Des. 1919

OORLEDE

19 Feb, 1989

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1949

ORDEN

1950

standplase

1950 Oudtshoorn

1951 Oudtshoorn-Noord

1953 Bellville

1959 Laingsburg

1960 Add. Org. Sendingsekr., Kaapse Kerk

1963 Boston

Stellenberg

EMERITEER

Ds. Josias Jacobus Cornelius Visser (18.12.1919-19.2.1989) is op Piketberg gebore. Sy primêre opvoeding het hy op Piketberg gekry terwyl hy daarna sy Hoërskool opleiding op Moorreesburg, waar hy gematrikuleer het, voltooi het. Daarna is hy na Wellington waar hy aan die Hugenote Universiteit sy B A verwerf en sy teologiese studies aan die Sendinginstituut voltooi het. Daarna het hy aan die Kweekskool op Stellenbosch verder gestudeer. Hy het ʼn vol en ryk loopbaan in die praktiese bediening gehad. Aanvanklik bedien hy die NG Sendinggemeente Tulbach en daarna agtereenvolgens die moedergemeentes Oudtshoorn, Oudtshoorn-Noord, Laingsburg, Boston en Stellenberg. Sedert 1960 tot 1963 het hy met onderskeiding as Organiserende Sendingsekretaris diens gedoen. Sy lewendige belangstelling in die Sending, ook sy leidende rol in die Mannesendingbond was kenmerkend van sy lewe. Ds. Visser se bediening was gekenmerk deur deeglike, uitstaande en dinamiese prediking en getroue pastorale arbeid. Sy groot liefde tot versorging van elke gesin, in lief en leed, het hom ʼn beminde leraar gemaak. Dit was sy lewensideaal om elke lidmaat en kind persoonlik te ken. Met sy ryke gawes het hy op die breër kerklike terrein ʼn belangrike en geseënde bydrae gelewer. Hy was ʼn meelewende lid van die A S K. van die kommissie van Toesig en Kontrole en van die Kuratorium van die Teologiese Skool. Veral was sy bydrae groot met sy kennis van finansies. Sprekende hiervan was die daarstelling van etlike kerkgebou en sale. Die gemeentelike kompleks van Stellenberg gemeente staan as ʼn monument van sy arbeid. Hy was ʼn skrywer van formaat – Voedsel vir die Skare, Die Bybel Ensiklopedie en Saad vir die Saaisak was enkele van sy werke wat hoog aangeskryf was. Ook was sy mooi lewe en werk gekenmerk as ʼn voorbeeldige gesinsman. Sy liefhebbende eggenote Grieta (geb Smit) en sy twee dogters was ʼn inspirasie en krag in sy lewe. Hy het in 1985 sy emeritaat aanvaar en steeds. in sy Meester se diens gebly tot hy op 19 Februarie 1989 tot Sy diens na die hemel opgeroep is. Hy het gedoen wat hy kon. (Jaarboek 1990).