
gebore
20 Sep. 1925
OORLEDE
16 Apr. 1996
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1951
ORDEN
1951
standplase
1951 Chingola
09.03.1957 Clarens
23.02.1963 Blyvooruitzicht
10.05.1969 Hoopstad
1975 Bethlehem-Noord
EMERITEER
1981
Hy is op 20 September 1925 op die plaas De Rust in die distrik Bothaville gebore en gedoop in die pastorie op Bothaville. Sy vader was boer van daardie gemeente. Hy gaan ook skool op Bothaville en verwerf matriek daar. Sy teologiese studies deurloop hy aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch waarna hy in 1950 gelegitimeer word. As student dien hy in die redaksie van Polumnia en is voorsitter en tesourier van studente-organisasies.
Hy trou op 27 September 1952 met Elizabeth van Heerden en uit die huwelik word vier kinders gebore, naamlik Wilhelmus Hendricus (01.07.1953); Elizabeth Christien (11.01.1955); Hendrik Petrus(24.12.1957) en Christoffel A1wyn (11.09.1959); Daar is sewe kleinkinders.
Sy eerste gemeente is Chingola in die destydse Rhodesië waar hy op 24 Julie 1951 georden word as die eerste leraar van die nuut afgestigte gemeente. Daarna bedien hy ook die volgende gemeentes: Clarens (vanaf 09.03.1957); Blyvooruitzicht (23.02.1963); Hoopstad (10.05.1969) en Bethlehem-Noord (*1975); Hy emeriteer op 1 Maart 1981 weens die feit dat hy aan Parkinson se siekte begin Hy het na sy emeritaat gaan woon hulle eers in Wesselsbron. Daarna gaan hulle na die Huis vir Bejaardes in Hoopstad waar sy laaste 15 jaar traumaties was weens die Parkinson-siekte. Sy vrou het hom egter steeds. liefdevol in hulle woonstel versorg.
Sy besondere belangstelling was die sending. Hy dien ook 12 jaar lank in die eksamenkommissie van Witsieshoek. Hy het baie getrou huisbesoek gedoen. Sy prediking was vir hom elke keer ʼn uitdaging.
Gebed was ʼn belangrike deel van sy lewe. Selfs tot op die einde, het hy nog elke dag Bybelstudie gedoen en dan vir sy kinders, die gemeente, die land en sy mense gebid. Hy “het altyd gesê dat daar een ding is waarvoor daar geen verskoning is nie, en dit is as iemand nie bid nie. Toe hy niks anders meer kon doen nie, het hy nog hard gearbei in die gebed.
By al sy erns en swaarkry, het hy tog ook nog altyd die humor behou en byvoorbeeld nog teen die einde gesê dat dit goed gaan, want een ding is seker: sy siekte, is nie eentonig nie. -DJ Viljoen, aan die hand van bronne en ʼn gesprek met mev E van Zyl. (Jaarboek 1997).