Van Wijk, Zacharias Johannes

 

gebore

29 Des. 1876

OORLEDE

3 Apr. 1949

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1900

ORDEN

1903

standplase

Oudtshoorn (Hpr.)

1904 Luckhoff

1937 Subredakteur, Die Kerkbode

EMERITEER

1947

Ds. Zacharias Johannes van Wijk is gebore op 29 Desember 1876 in die gemeente Boshof alwaar sy vader, ds JH van Wijk predikant was. Sy jeugjare het hy op Murraysburg deurgebring. Na teoloegiese opleiding te Stellenbosch is hy aan die einde van 1900 gelegitimeer. Hy het eers as hulpleraar te Oudtshoorn opgetree en in 1904 is hy op Luckhoff in die Vrystaat bevestig waar hy 32 jaar lank in die bediening gestaan en die gemeente met toegewydheid en getrouheid gedien het. Hy het meegehelp om die sendingbeleid van die Vrystaatse Kerk op te stel ʼn beleid wat vandag nog gevolg word. Hy was besonder beskeie en nederig van aard en gevolglik is sy gawes en talente nie dadelik ontdek nie. Na hy in 1937 van Luckhoff vertrek het, is hy benoem op die redaksie van Die Kerkbode. Later het hy as Sub-redakteur opgetree. Hier het hy die geleentheid gehad om die Kerk in wyere kring te dien en sy artikels is met graagte gelees omdat hulle getuig het van diepe en gesonde insig. Hy was ʼn innige gelowige en sy lewe het ware godsvrug geopenbaar. In 1947 het hy sy emeritaat aanvaar en op 3 April 1949 het hy die tyd met die ewigheid verwissel. (Jaarboek 1950).