
gebore
23 Jul. 1872
OORLEDE
21 Aug. 1966
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1899
ORDEN
1900
standplase
1899 Heidelberg, K.P.
1906 Britstown
1912 Kuilsrivier
1919 Franschhoek
EMERITEER
1943
Ds. Adriaan Jacobus Van Wijk: Hy is op 23 Julie 1872 op Boshof gebore as seun van ds. Johannes Hendrik van Wijk. Na sy legitimasie in 1899 (hy was die laaste oorlewende leraar wat in die vorige eeu gelegitimeer is); het by agtereenvolgens die gemeentes Heidelberg, K.P., Britstown, Kuilsrivier en Franschhoek waar hy sy emeritaat in 1943 aanvaar het bedien. As jong predikant het hy ʼn tyd lank as kapelaan van die vroue-konsentrasiekamp op Winburg opgetree. In 1915 was hy assistent-skriba, in 1930 waarnemende scriba, in 1932 scriba, en in 1936 en weer in 1940 moderator van die Kaapse Sinode. Hy was ook lank lid van die Raad van die Kerke, waarvan hy in 1935 voorsitter was. Ook was hy o.m. voorsitter van die Algemene Sendingkommissie en van die Kuratorium van die Kweekskool, en 18 jaar lank lid van die hoofbestuur van die Vroue-Sendingbond in Kaapland, asook ʼn tyd lank waarnemende redakteur van „Die Kerkbode”. Meer as 40 jaar lank tot 1966 was hy die opsteller van die bekende dagboek „Uit die Beek”. Ook het hy bekendheid verwerf as spesiale evangelieprediker, in watter hoedanigheid hy talle gemeentes op uitnodiging met groot vrug besoek het. Hy is op 21 Augustus 1966 oorlede in die geseënde ouderdom van 94 jaar. (Jaarboek 1967/570).
