gebore
–
OORLEDE
26 Okt. 1952
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1916
ORDEN
1917
standplase
Standerton (Hpr.)
1918 Standerton
1924 Paardekop
1930 Babanango
1941 Paulpietersburg
1945 Amersfoort
EMERITEER
1951
Ds. Gerrit Coenraad van Schouwenburg is in 1916 gelegitimeer en in 1917 as hulpprediker te Standerton bevestig. Hy was ʼn getroue arbeider in al die gemeentes waar hy gestaan het sedert sy legitimasie in 1916, t.w. Standerton, 1924 Paardekop, 1930 Babanango, 1941 Paulpietersburg, en 1945 Amersfoort. Nadat hy in 1951 sy emeritaat aanvaar het, het hy en sy eggenote hulle metterwoon gevestig in Pretoria. Ds. Van Schouwenburg is op Sondag, 26 Oktober 1952 aan sy woning in die ouderdom van 62 jaar oorlede. Gedurende sy 35-jarige bediening het hy ʼn groot en geseënde invloed uitgeoefen.