
GEBORE
4 Sep. 1910
OORLEDE
1 Apr. 1969
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1940
ORDEN
1942
standplase
1942 Ohrigstad
1945 Groot Marico
1946 Boksburg-Wes
EMERITEER
–
Ds. Hermanus Bosman van Schalkwyk is op 4 September 1910 op die sendingstasie Nyanje in Noord-Rhodesië gebore, as seun van eerw. en mev. J. H. van Schalkwyk, Sending pionierspaar van die NG. Kerk aldaar. Hy is in 1940 gelegitimeer, en het eers as hulpprediker op Belfast opgetree. Daarna het hy die gemeentes Ohrigstad, Groot-Marico en Boksburg-Wes bedien. Hy het die kerk in breëre verband in verskeie kommissies gedien, veral ten opsigte van finansiële sake en die sending. Die laaste ses jaar van sy lewe was hy ‘n siek man, en teen die einde het hy veel pyn verduur. Hy is op 1 April 1969 in die ouderdom van 48 jaar oorlede. (Jaarboek 1970/462).