Van Schalkwyk, Carel Aron

Ds. Carel Van Schalkwyk

GEBORE

27 Mrt. 1886

OORLEDE

17 Sep. 1973

UNIVERSITEIT

Sending Inst.

gelegitimeer

1916

ORDEN

1919

standplase

 1919 Reisen. Sekr. van C.S.V.

1918 Bethlehem (Hpr.)

Soekmekaar

1925 Brakpan

1927 Melsetter

1943 verskeie gemeentes bedien

1947 Kokstad (Hpr.)

1948 Albertyn

EMERITEER

1954

Ds. Carel Aron van Schalkwyk, gebore 27 Maart 1886, is op 17 September 1973 oorlede, nadat hy die afgelope paar jaar op Despatch gewoon het. Na sy toelating as sendeling (1916) op Wellington, dien hy eers as Reisende Sekretaris van die CSV en toe as hulpprediker in Bethlehem. Daarna staan hy in Soekmekaar (1919); Brakpan (1925) en Melsetter (1927); In 1935 tree hy uit die bediening en 1937 word hy kolporteur van die Vrystaatse Kerk. Voorts verrig hy in verskeie gemeentes hulpdiens, totdat hy 1947 hulpprediker in Kokstad word. Daarna bedien hy vanaf 1948 die gemeente Albertyn ses jaar lank, voordat hy sy emeritaat aanvaar. (Jaarboek 1974/F3).