Van Rooyen, Jan Hendrik Petrus * 1893

 

GEBORE

22 Feb. 1893

OORLEDE

20 Jan. 1966

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1917

ORDEN

1917

standplase

Vanwyksdorp

Duplooysburg

Garies

Koringberg

Venterstad

1946 Langlaagte

EMERITEER

1959

Hy is op 22 Februarie 1893 gebore, en het in 1917 sy studie aan die Kweekskool voltooi. Daarna het hy agtereenvolgens die gemeentes Vanwyksdorp, Duplooysburg, Garies, Koringberg en Venterstad bedien. Hy was predikant van Langlaagte van 1946 tot hy in 1959 sy emeritaat aanvaar het. Sedertdien was hy vyf jaar lank hulpleraar by sy seun, dr. J. H. P. van Rooyen, in Parkhurst, en die afgelope jaar was by hospitaalbearbeiding aan die Rand. Hy is op 20 Januarie 1966 skielik oorlede, in die ouderdom van byna 73 jaar. (Jaarboek 1967/570).