GEBORE
19 Mrt. 1927
OORLEDE
12 Apr. 1984
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1951
ORDEN
1954
standplase
1952 Bestuurder van Sacum
1954 Vergelegen
1959 Vierfontein
1963 Durban-Suid
EMERITEER
–
Ds. Hendrik Cornelius (Hennie) Van Rooyen (*19.3.1927-12.4.1984) moes toe hy nog maar 54 jaar oud was, weens swak gesondheid sy emeritaat aanvaar. Nadat hy begin 1948 na die Stellenbosse Kweekskool gegaan en einde 1951 sy studies jaar voltooi het, was hy twee jaar lank bestuurder van SACUM in Bloemfontein. Op 3.9.1954 word hy in die Noord-Kaaplandse gemeente Vergelegen bevestig waar hy oor die vier jaar bly en toe Vierfontein in die OVS (*1959); Durban-Suid in Natal (*1963); Reitz-Wes, weer in die Vrystaat (*1969); en Klerksdorp in die Transvaal (*1974) bedien. Na sy aftrede op 4.1O. 1981 bly hy as bestuurder van die kerklike jeug- sentrum aldaar op Klerksdorp woon. As aktuarius van die Natalse Sinode, lid van die Algemene Regskommissie en ook van verskeie ander kommissies van verskillende sinodes het hy voortreflike diens gelewer. Hy het as ʼn pligsgetroue, harde werker en ʼn uitstekende organiseerder en beplanner bekend gestaan.