Janse van Rensburg, Martin Luther

 

GEBORE

21 Aug. 1905

OORLEDE

1 Sep. 1981

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1931

ORDEN

1933

standplase

1933 Kimberley (Hpr.)

1934 Hertzogville

1946 Matatiele

1948 Hoopstad

1962 Pietermaritzburg-Suid

EMERITEER

Ds. Martin Luther Janse Van Rensburg (21.8.1905 – 1.9.1981); wat na ʼn vrugbare bediening van meer as 40 jaar in Kaapland, die Vrystaat en Natal op 23.3.1973 afgetree het, was aan die einde van sy lewe ʼn inwoner van die tehuis vir bejaardes op Bloemhof in Transvaal. Nadat sy studie op Stellenbosch in 1931 met sy legitimasie bekroon is en hy elders werksaam was, word hy in Oktober 1932 as tydelike hulpleraar in Kimberley verwelkom. Na sy ordening aldaar op 4.2.1933 is hy permanente hulpprediker, maar iets meer as ʼn jaar later vertrek hy as beroepe leraar na Hertzogville. Aangaande sy dienstyd in Kimberley lees ons later dat hy ” ʼn knap prediker, minsaam in die omgang en toegewyd in sy werk” was en dat die gemeente “veel seën uit sy dienste” ontvang het. Nadat hy met algemene stemme daarheen beroep is, word hy in Augustus 1946 as die eerste vaste leraar van die nuutgestigte gemeente Matatiele in Griekwaland-Oos bevestig. Daar werk hy minder as twee jaar, want vanaf Julie 1948 het die Vrystaatse gemeente Hoopstad die voordeel van sy dienste totdat hy in November 1962 na Pietermaritzburg-Suid gaan, waar hy tot sy aftrede bly, toe sy gade en hy hulle op Hoopstad gaan vestig. (Jaarboek 1983/268).