Van Rensburg, Izak Wilhelmus Janse

GEBORE

12 Apr. 1883

OORLEDE

17 Jul. 1952

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1917

ORDEN

1919

standplase

Germiston

1925 Verkeerdevlei

1928 Excelsior

1931 Cedarville

1939 Ventersburg

EMERITEER

1946

Ds. Izak Wilhelmus Janse van Rensburg op 12 April 1883 gebore. Na sy skoolopleiding is hy na Stellenbosch om hom te bekwaam as evangeliedienaar. Hy is 1917 gelegitimeer en in die begin van 1919 is hy in sy eerste gemeente bevestig en wel te Germiston. In 1925 het ds. Van Rensburg die beroep na Verkeerdevlei aangeneem en in 1925 hy na Excelsior, in 1931 na Cedarville en 1939 na Ventersburg waar hy in 1946 sy emeritaat aanvaar het. Hy het egter weer in so ʼn mate herstel dat hy einde 1948 gehoor kon gee aan die roepstem van sy eerste gemeente, Germiston waar hy toe tydelik behulpsaam was. In 1951 het sy gesondheid egter verswak dat hy verplig was om uit te tree. Hy is op 17 Julie 1952 in die ouderdom van 65 jaar na ʼn smartlike lyding oorlede.