GEBORE
15 Feb. 1907
OORLEDE
14 Feb. 1976
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1931
ORDEN
1932
standplase
1932 Wakkerstroom/Amersfoort/Volksrust
1935 Wakkerstroom
1942 Piet Retief
1947 Vryheid
1954 Hendrina
1960 Wonderboom
EMERITEER
1973
Ds Coenraad Jacobus Janse Van Rensburg (15.2.1907 – 14.2.1976) is in die distrik Amersfoort gebore. Hy matrikuleer op Vrede en gaan toe vir sy verdere opleiding na die Sendinginstituut op Wellington. Na sy toelating tot die bediening 1931, word hy 1932 as sen deling van Wakkerstroom, Amersfoort-Volksrust bevestig. Daarna staan hy in die gemeentes van die Ned Geref Kerk in Afrika Wakkerstroom (1935); Piet Retief (1942); Vryheid (1947); Hendrina (1954) en Wonderboom (1960); totdat hy April 1973 emeriteer. In al die genoemde gemeentes staan daar pastorieë skole en kerke as die sigbare bakens van sy getroue en volhardende arbeid. Hy was ‘n groot krag in die vestiging van ons Kerk se werk in Swasiland en Noord-Natal en terselfdertyd ten nouste met die ontstaan van die Evangelisteskool op Dingaanstat gemoeid. Die agting en liefde waarmee sy persoon en werk bejeën is, het duidelik geblyk uit die talle kere wat hy as voorsitter van sinodale vergaderings gekies is onder andere van die eerste Algemene Sinode van die N G Kerk in Afrika (1963); Op sy besadigde en nugtere wyse het hy enige vergadering rustig en met liefde en takt gelei. Hierdie opregte en toegewyde dienskneg van God het aan baie siele die weg na die Saligmaker gewys en baie vriende vir die Sending gewen. (Jaarboek 1977/314).