GEBORE
11 Apr. 1923
OORLEDE
09 Sep. 1994
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1950
ORDEN
1951
standplase
1951 Ficksburg
1968 Ontdekkers
EMERITEER
29 Jun. 1986
Ds. Petrus Van Niekerk was die jongste seun van ds. en mev CJ van Niekerk van Edenvale. Petrie is gebore terwyl sy pa daar predikant was. Hy het hom eers in ʼn BCom-rigting begin bekwaam, maar het toe die roepstem van die evangeliebediening ontvang. Hy gaan studeer aan die Universiteit van Stellenhosch en word gelegitimeer in 1950 en georden in die gemeente Ficksburg in 1951.
Hy bedien slegs twee gemeentes, naamlik Ficksburg waar hy 17 jaar bly en Ontdekkers waar hy bevestig word in 1968 en 18 jaar arbei.
Uit sy eerste huwelik met Janette Loubser is twee kinders gebore, Marie, ʼn fisioterapeut wat met ʼn dokter getroud is en in Kanada woon, en Christo, ʼn geneesheer op George.
Tydens sy bediening in die gemeente Ontdekkers is hy swaar beproef. Eers moes hy sy geliefde Iewensmaat na ʼn smartlike Iyding aan die dood afstaan. Daarna het ʼn leer onder hom uitgegly toe hy ʼn werkie op die kerksaal se dak wou uitvoer. Sy rug is beseer en hy het tot sy dood pyn as gevolg daarvan verduur. Terwyl hulle met vakansie op SheIley Beach was, het hy ʼn ernstige hartaanval oorIeef, maar moes vroegtydig op 29 Junie 1986 emeriteer.
Hy is later met mev Agnolettie, ʼn ou kennis van hom uit sy Ficksburg-dae, getroud. Sy het hom tydens sy siekte met sorg en Iiefde bygestaan. Hy het na sy aftrede ook ʼn hartomleidings-operasie gehad. Na sy aftrede in 1986 vestig hy en sy vrou hulle eers op ShelIey Beach, maar verhuis later na George waar hy op 9 September 1994 oorlede is.
Hy het stewige houwerk in sy gemeentes gedoen en het ʼn Iewendige belangstelling in die sending gehad. Hy was Iank voorsitter van die Ringsendingkommissie van Roodepoort en ook vir agt jaar Iank voorsitter van die Sinodale Sendingkommissie van Wes-Transvaal. Hy dien ook in die AIgemene Sendingkommissie, Stofberg se plaaslike en Sentrale bestuur, Swazilandsending en Mosambieksending. Hy was voorsitter van die Tswana-sendingkommissie en van die wêreldsending-kommissie.
Sy hart het ook warm geklop vir die jeug en deur sy ywer is ʼn jeugkampterrein van die grond af ontwikkel.
Hy het hom ook onderskei as ʼn diplomatiese onderhandelaar. Grootliks deur sy optrede het die aanvanklike vyandigheid van die Moderatuur van die Dutch Reformed Church in Sri Lanka in vriendskap verander. Sy frisse humorsin het altyd daartoe bygedra dat vergaderings in ʼn ontspanne en vriendelike gees verloop het.
As jongman het hy hom op sportgebied onderskei. Hy het as heelagter en losskakel vir die eerste rugbyspan van Bloemfontein uitgedraf en ook as losskakel vir Maties se eerste span. Hy was ook ʼn uitblinker in hokkie en bofbal.
Hy word oorleef deur twee kinders en vier kleinkinders. – AP Retief, verwerk deur DJ Viljoen.