Van Niekerk, Johannes Daniel

 

GEBORE

26 Jun. 1900

OORLEDE

1 Des. 1983

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1926

ORDEN

1927

standplase

1927 Langlaagte

1946 Weza-Port-Shepstone

1948 Benoni

EMERITEER

1965

Ds. Johannes Daniel (Jan) Van Niekerk (26.6.1900-1.12.1983); wat ʼn mooi bediening van 38 jaar gehad het, is minder as vier maande nadat sy eggenote hom ontval het, op Middelburg Tvl. oorlede. Gebore op Kwartelspan in die distrik Hopetown, matrikuleer hy op Prieska. Van 1920 tot 1922 neem hy BA aan die Universiteit Stellenbosch en van 1923 tot 1926 volg hy die kursusaan die Kweekskool. Op 25.6.1927 word hy as leraar van Langlaagte bevestig en daar werk hy byna 19 jaar lank voordat sy 2½-jarige bediening in April 1946 in Weza-Port Shepstone met sy baie preekplekke – in 1952 word nege vermeld, terwyl die Nagmaal in die gemeente toe 18 keer per jaar bedien is – en die verste punt 72 myl van Port Shepstone af, begin. Hierdie gemeente het eers Weza geheet, na die bosbounedersetting waaruit dit grotendeels bestaan het, en wellig omdat dit hulpbehoewend was, kry dit eers 12 twaalf jaar na sy stigting in 1924 sy eerste vaste leraar. Omdat daar destyds. aan die hele Suidkus van Natal nog geen Ned Geref kerkgebou was nie, moes die dienste op al die preekpunte, behalwe op Port Shepstone self waar ʼn debatsverenigingsaaltjie as kerksaal gedien het, in Engelse kerke, skoolsale, ʼn bosbousaal en huise gehou word. Tot sy aftrede op 27.6.1965, staan hy 17 jaar lank in Benoni. Hierna vestig hy en sy gade hulle op Witbank, maar in 1970 ‘verhuis hulle na Middelburg. Tot in 1971 verleen hy gewaardeerde hulpdiens in Vaalharts, Amsterdam, Sasolburg, Witbank en Middelburg-Suid, terwyl hy tot later nog meer male in die verskillende gemeentes in Middelburg ook preekbeurte waarneem, Die Van Niekerk-egpaar was veral vir hul gulle gasvryheid bekend. By geleentheid is daar van hom vertel dat preekmaak sy liefhebbery’ was en dat hy gevolglik altyd ʼn aantal vars preke beskikbaar gehad het. Hy word verder as ʼn diep gelowige mens onthou, wat ook ten tyde van die beproewinge wat hulle in die laaste paar jaar van sy lewe ondervind het, vir sy familie ʼn ware steunpilaar was.