Van Niekerk, Jacobus Cornelis

 

GEBORE

29 Apr. 1897

OORLEDE

9 Sept. 1948

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1923

ORDEN

1924

standplase

Barberton

1929 Brandvlei

1937 Piketberg

EMERITEER

Ds. Jacobus Cornelis van Niekerk is op 29 April 1897 in die distrik Namakwaland gebore. Aan die Hoër Jongenskool, Paarl het hy gematrikileur waarna hy na Stellenbosch is vir sy Admissieen teologiese opleiding. Aan die einde van 1923 is hy gelegitimeer. Sy eerste gemeente was Barberton, waar hy in 1924 georden en bevestig is. In 1929 het hy na Brandvlei vertrek en in 1937 het hy ʼn beroep na Piketberg aangeneem. In al sy gemeentes was hy besonder geliefd want hy was beminlik en hartlik in sy omgang. Hy was ʼn toegewyde kind van die Here en sy prediking het tot oogmerk gehad nie net om siele tot Jesuste lei nie, maar ook om gelowiges te versterk en te bemoedig. Die kerk het sy waarde geken en daarom is hy op belangrike kommissies gebruik. Veral aan die Algemene Armesorgkommissie, waarop hy baie jare gedien het, het hy groot dienste bewys. Nog kort gelede is hy oorgestuur na Argentinië om ons volksgenote daar te besoek. ʼn Toegewyde en ywerige dienskneg het die tyd met die ewigheid verwissel toe hy skielik op 9 September 1948 oorlede is.