GEBORE
17 Des. 1921
OORLEDE
07 Sep. 1998
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1949
ORDEN
1950
standplase
1950 Grootrivier
1959 Stampriet
1962 King William’s Town.
EMERITEER
–
Ds. Pieter Jacobus Van Jaarsveld (BA) 17/12/1921 – 07/09/1998
Ds. Piet van Jaarsveld is op 17 Desember .1921 op Steynsburg gebore. Hy het ook daar skoolgegaan en sy studies op Stellenbosch voortgesit. Hy het eers sy BA-graad behaal en toe het hy by die Teologiese Kweekskool ingeskryf waar hy aan die einde van 1949 gelegitimeer is. Hy was ʼn inwoner van Wilgenhof-koshuis.
Op 15 April 1950 is hy in sy eerste gemeente, naamlik Grootrivier in die Noord-Kaap, bevestig. Hier hy tot 29 Augustus 1959 gearbei toe hy na die Stampriet-gemeente verskuifhet. In 1962 is hy as predikant op King Williamstown bevestig en sewe jaar later het hy na Suidwes-Afrika (SWA) na die gemeente Maltahnie verskuif. Op 12 Junie 1969 is hy in Port Elizabeth-Sentraal bevestig, waar hy vir elfjaar gearbei het tot en met sy emeritaat op 21 Februarie 1988.
Hy was al die jare ʼn vrygesel, maar tree in 1971 in die huwelik met ʼn weduwee, Kobie Archer, wat hy op Maltahne leer ken het. Sy het vier kinders gehad (waarvan een vermoor is in die terroristestryd in die SWA van destyds).
Waar Piet ʼn teruggetrokke alleenmens was voor die tyd, het Kobie sy lewe totaal verander omdat sy ʼn ekstrovert was wat sy lewe opgebeur het en hulle huis vol sonskyn gemaak het. Daarby was sy ʼn bekwame en liefdevolle predikantsvrou.
Sy is ongelukkig reeds. tien jaar voor hom aan borskanker oorlede. Die hele kerklike gemeenskap van Port Elizabeth het saam met hom getreur. Daarna was hy weer soos een wie se wêreld inmekaar geval het. Hy was ʼn hartlyer en hy het geleidelik verswak. Mense moes hom later help om te loop. Uiteindelik is hy in die hospitaal oorlede op 7 September 1998.
Piet van Jaarsveld was van aansien ʼn lang, forse man. Hoewel hy stil en teruggetrokke van geaardheid was en ʼn alleenloper wat homself soms afgesluit het, was hy tog ʼn lieftallige en aangename man wat maklik met kinders omgegaan het en hulle aangetrek het. Hy het sy beste in sy gemeentes gegee, maar weens sy alleenheid het hy swaar gekry. Hy was (soos sy broer van hom getuig) ʼn man van wie ʼn mens soos Jakob vir Josef in sy seëntoesegging kon sê: ” sy takke klim oor die muur “. Daarby was hy ernstig en toegewyd en ʼn ware dienskneg van die Here. Sy gemeentelede en sy stiefkinders dink in liefde aan hom terug. -Dirk Viljoen na aanleidingvan gesprekke met sy broer, ds. AZA van Jaarsveld, en ds. DT du T Moolman.