GEBORE
22 Jun. 1871
OORLEDE
29 Sept. 1962
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1901
ORDEN
1903
standplase
1910 Oos-Londen
1911 Riebeek-Wes
1930 Oos-Londen
EMERITEER
1938
Ds. Jacobus Petrus Johannes Wentzel van Huyssteen is op 22 Junie 1871 gebore. Na sy legitimasie in 1901 het hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die konsentrasiekamp op Springfontein gearbei. Daarna het hy die gemeentes Jagersfontein, Oos-Londen, Riebeek-Wes, en weer Oos-Londen bedien, totdat hy sy emeritaat in 1938 aanvaar het. Hy is op 29 September 1962 oorlede in die ouderdom van 91 jaar.