Van Huyssteen, Hendrik Vrede

 

GEBORE

20 Des. 1903

OORLEDE

8 Apr. 1985

UNIVERSITEIT

Sending Inst.

gelegitimeer

1931

ORDEN

1932

standplase

1932 Kenhardt

1936 Brandvlei

1940 Griekwastad

1941 Burgersdorp

1942 Durbanville

1944 Hartbeesfontein

1947 Vrede

1948 Delarey

1950 Victoria-Wes

1954 Hofmeyr

EMERITEER

1958

Ds. Hendrik Vrede Van Huyssteen (20.12.1903 – 8.4.1985) is anderhalwe jaar na die Anglo-Boereoorlog en in die eerste jaar van sy vader, wyle ds. J P J W van Huyssteen, se bediening in Jagersfontein gebore. Gedurende sowat 23 jaar staan hy in nie minder as tien sendinggemeentes nie. Na die aanvaarding van sy emeritaat in 1958 vestig hy hom in Bellville, maar tien jaar later keer hy na die bediening terug om in Junie 1968 leraar van die moe-dergemeente Glencoe in Natal te word. Sedert Desember daardie jaar is hy die eerste predikant van die afgestigte Glencoe-Oos en daar tree hy op 31.7.1969 af. Die sendinggemeentes wat hy bedien het, was Kenhardt (November 1935); Brandvlei (September 1936); Griekwastad (Maart 1940); Burgersdorp (Februarie 1941); Durbanville (Desember 1942); Hartebeesfontein (Junie 1944); Vrede-Memel (Januarie 1947); Delarey (Desember 1948); Victoria-Wes (Februarie 1950) en Hofmeyr (April 1954); Nadat hy hom aan die Sendinginstituut op Wellington as sendeling bekwaam het en in 1931 gelegitimeer is, gaan hy met die oog op verdere toerusting vir sy taak na die bekende Louisville Seminary in Kentucky, VSA. Voordat hy en sy eggenote na die gemeente Helderberg in Somerset-Wes verhuis het, waar hy oorlede is, was hulle etlike jare in Kaapstad woonagtig, waar hulle ywerig aan alle gemeentelike bedrywighede meegedoen het. Dr J W V Van Huyssteen, vroeër leraar van Noorder-Paarl en tans professor Bybelkunde UPE, was sy seun.