GEBORE
4 Jun. 1859
OORLEDE
25 Apr. 1938
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1883
ORDEN
1884
standplase
Simonstad
1885 Boshof
1899 Ladybrand
EMERITEER
1935
Ds. Pieter Schalk van Heerden is op 4 Junie 1859 op Cradock gebore. Nadat hy die plaaslike skool van Mnr. Wilson bygewoon het, is hy Stellenbosch-toe, waar hy, na matrikulasie in 1879, die kursusaan die Kweekskool begin en in 1883 voleindig het. Sy eerste standplaas was Simonstad, waar hy in Februarie 1884 georden en bevestig is en slegs anderhalf jaar gearbei het. Van 1885 tot 1935 het hy die Vrystaatse Kerk as predikant gedien dusvyftig jaar, waarvan veertien op Boshof (1885-1899) en ses-en-dertig op Ladybrand (1899-1935); En sy bediening was van so ʼn aard dat hy met reg ʼn vader van die Vrystaatse Kerk genoem is. Ds. Van Heerden het ʼn kragtige invloed uitgeoefen op en ʼn Ieidende aandeel geneem aan kerklike sake in die Vrystaat. Gedurende 1912 1922 was hy Scriba Synodi, van die Sinodes van 1922 en 1931 was hy Moderator, en van die Sinodes van 1925 en 1928 was hy Assessor. Ook buite die Vrystaat het hy meer as gewone invloed gehad en van die Raad van die Kerke was hy Voorsitter in 1921, 1929 en 1931. Met sy rysige gestalte en imposante uiterlike, gepaard met sy deftige spreekwyse, het hy in sy openbare optrede altyd die aandag getrek en indruk gemaak. As redenaar vroeër in Nederlands. en later in Afrikaans was hy hoog aangeskrewe onder die predikante. Hy het sy volk innig liefgehad en het blymoodig lief en leed met hulle gedeel. Na Anglo-Boere-Oorlog het hy saam met Genl. Kritzinger in Europa gaan kollekteer ter stigting van christeliknasionale skole in die Vrystaat en op Ladybrand was hy ʼn medestigter van die groot weeshuis vir oorlogswese. In 1935 het hy weens hoë ouderdom afgetree en 25 April 1928 is hy in die distrik Edenville plotseling ontslape. Sy stoflike oorskot is op Ladybrand begrawe.