Van Heerden, Paul Marais

Ds. Van heerden Paul

GEBORE

01 Des. 1902

OORLEDE

05 Apr. 1994

UNIVERSITEIT

BA (US)

gelegitimeer

1931

ORDEN

1932

standplase

1932 Uitenhage (Hpr.)

1932 Uitenhage

1944 Pinelands

1946 Oos-Londen

1950 Aliwal-Noord

1960 Somerset-Wes

1962 George-Suid

1966 Kangovalleie

EMERITEER

1969

Ds. Paul Marais Van Heerden (BA) (01.12.1902-05.04.1994)

Paul Marais van Heerden is op 1 Desember 1902 in die distrik Cradock gebore. In 1922 matrikuleer by aan die Hoer Seunskool op Cradock waarna by op sy vader se plaas begin Boer het.

Na sy bekering besluit by om hom as predikant te bekwaam en aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Aan die einde van 1927 word die BA-graad aan hom toegeken en die daaropvolgende vier jaar studeer by aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. In Desember 1931 tree by tot die bediening toe.

Nadat by geestelike werk onder spoorwegwerkers verrig het, word by as hulpprediker vir ds. A J Troskie van Uitenhage in diens geneem. Na ds. Troskie se dood word ds. van Heerden in Julie 1932 eers as hulpleraar, en in Oktober dieselfde jaar, as opvolger van ds. Troskie aangewys.

In Maart 1933 trou by met LizzieVisser van Danielskuil en drie kinders word uit hulle huwelik gebore.

Hierna bedien hy die NG gemeentes Pinelands, Oos-Londen, Aliwal-Noord, Somerset-Wes, George-Suid en Kangovallei.

Na sy aftrede in 1969 vestig die egpaar hulle in die Strand waarna by in 14 gemeentes afloswerk verrig. In 1979 gaan bly die egpaar in Virginia in die Vrystaat waar hulle seun woon. In 1988 ontval Lizzie, sy geliefde eggenote, hom en hy verhuis na Pretoria, waar hy hom in die aftree-oord, Huis Herfsblaar, vestig.

Ds. Van Heerden se tweede huwelik met Lenie Venter word beeindig met haar afsterwe in 1992. Tot met sy dood op 5 April 1994 woon by in Huis Herfsblaar.

Paul van Heerden het oor besondere gawes van hoof en hart beskik wat hom in staat gestel het om tydens sy lang loopbaan van 45 jaar as leraar van die Ned Geref Kerk te presteer.

Sy beminlike persoonlikheid en sterk karakter het hom nie net in sinodale en ander kommissies leiding laat neem nie, maar het ook van hom ʼn vriend, vredemaker, geliefde leraar, vader, oupa en oupagrootjie gemaak.

Vir almal wat horn geken het, is sy heengaan ʼn baie groot verlies, maar ons dank die Here vir ʼn man wat met getrouheid en toewyding hom onvermoeid beywer het vir die uitbreiding van God se koninkryk.- F J J Pretorius.