
GEBORE
9 Sep. 1903
OORLEDE
20 Sep. 1984
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1930
ORDEN
1931
standplase
1931 Marchand
1941 Krugersdorp
1944 Krugersdorp-Noord
EMERITEER
–
Ds. Carel Christiaan Van Dyk (9.9.1903 – 20.9.1984) van wie daar by geleentheid getuig is dat hy ” ʼn suiwer evangelie verkondig het, en in eenvoudigheid maar opregtheid ʼn ware sielsoeker was, maar daarby iemand wat sy man kon staan”, het ʼn volle kwarteeu van sy 38-jarige bediening gewy aan die gemeente Krugersdorp-Noord, wat kort voor sy bevestiging daar in Maart 1944, van sy vorige gemeente afgestig is. Hy was ʼn seun van Napier, maar in 1924 kom hy van Riversdal af Stellenbosch toe waar hy in 1930 sy studie aan die Kweekskool voltooi. Op 30.5.1931 word hy in die kerk op Marchand aan die Oranjerivier georden en as tweede vaste leraar bevestig van die gemeente wat vroeër ʼn deel van die Kaapse Kerk se ou “arbeidskolonie” Kakamas uitgemaak het. Hier pak hy sy werk met geesdrif en deeglikheid aan. Geen wonder was dit dus dat die kerkraad in sy godsdiensverslag vir die ring aangaande die nuwe leraar verklaar dat die Here Self hom “met sy hand geroep, opgelei en hierheen gebring het” nie. Sy tweede gemeente is Krugersdorp (November 1941); Na sy aftrede in Krugersdorp-Noord op 23.3.1969, vestig hy en sy eggenote hulle in Lynnwood, Pretoria. Hy is in Pretoria oorlede.