Van Der Westhuizen, Pieter Stafanus

Ds. Van der westhuizen Pieter

GEBORE

7 Jul. 1883

OORLEDE

27 Apr. 1958

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1916

ORDEN

1917

STANDPLASE

Montagu (Hpr.)

1920 Waterford

1922 Steytlerville

1929 Cachet

EMERITEER

1948

Ds. Pieter Stefanus van der Westhuizen is op 7 Julie 1883 in die distrik Oudtshoorn gebore. Na voltooiing van sy studies het hy eers onderwys gegee, waarna hy ʼn ruk lank geboer het. In 1913 is hy egter na die Kweekskool waar hy in 1916 gelegitimeer is. Hy het daarna die gemeentes Montagu, Waterford, Steytlerville en Cachet bedien laasgenoemde gemeente vir byna 20 jaar, tot sy aftrede in 1948. Tot die einde van sy lewe het hy vrugbaar gebly in die diens van sy Meester deur preekbeurte waar te neem en ander geestelike werk te verrig. Nederigheid, sagmoedigheid, noukeurigheid en netheid was die besondere kenmerke van sy lewe. Hy is op 27 April 1958 in die ouderdom van 74 jaar oorlede.