Van Der Spuy, Stephanus Hofmeyr

Ds. Van der spuy Stephanus

GEBORE

06 Feb. 1908

OORLEDE

21 Sep. 1993

UNIVERSITEIT

US

GELEGITIMEER

1934

ORDEN

1935

STANDPLASE

1935 Windhoek

1938 Keetmanshoop

1944 Outjo

1958 Sendingsekretaris, Sekr. Vir Evangelisasie en Spoorwegleraar, S.W.A.

EMERITEER

28 Feb.1993

Ds. Stephanus Hofmeyr Van Der Spuy (BA) (06.02.1908-21.09.1993)

Fanan van der Spuy is as’t ware van die werk of kom weghaal waar by skaars sewe maande voor sy dood in die ouderdom van 85 jaar vir die derde keer geemeriteer het. Fanan is op 6 Februarie 1908 op Zeerust gebore. Nadat hy as jong seun, soos hy dit self geskryf het, letterlik in die wêreld en vir die sonde geleef het, kom by op 17-jarige ouderdom deur die liefdevolle bemiddeling van sy moeder kragdadig tot bekering.

Sy roeping om predikant te word, lei hom in 1927 na Stellenbosch waar by hom voorberei vir ʼn bediening wat eers 66 jaar later ten einde sou loop.

Sy ordening in Windhoek was die begin van ʼn lang en gelukkige verbintenis wat by met die destydse Suidwes-Afrika en die Ned Geref Kerk in ‘hierdie geliefde ou Sandtrapperland van my’ sou loop. Met ʼn kort onderbreking toe hy in 1942 veldprediker vir die SA-troepe in Egipte en Libie was, het hy sy volle bediening tot met sy eerste emeritaat in 1981 hier deurgebring. In 1940 is hy met ʼn nooi Erasmus van die Vrystaat getroud. Uit die mooi huwelik van Fanan en Frances is drie kinders gebore, waarvan twee nog leef.

Nadat hy in 1938 predikant van die NG gemeente Keetmanshoop geword het, word by benoem as konsulent van die NG gemeente Mona – destyds. die enigste gemeente in die noorde van die land. Uit die konsulentskap het sy verbintenis met die NG gemeente Outjo voortgespruit. Hier sou oom Fanan en tannie Frances baie vrugbare fare in die bediening deurbring. Hy was ʼn mens met vele talente.

Hy was as kerkman en kerkleier die eerste voorsitter van die Ring van Gibeon nadat SWA ʼn selfstandige sinode geword het, ook die eerste assessor van die SWA-Sinode in 1957, latere moderator van die SWA-Sinode.

Hy was ʼn sendingmens: sendeling in Kaokoland, sendingsekretaris vir die destydse SWA-Sinode, as genant van die eerste Afrikaner buitelandse sendeling, en inisieerder van die sendingaksies in Ovamboland, Kavango en Boesmanland. Toe die Here in 1951 sy kind, Fanantjie, deur die dood wegneem, stig hy die Fanan-Sendingfonds. waaruit die sendingwerk van die SWA-kerk gefinansier moes word.

Nadat Oom Fanan aan die einde van sy bediening vir twee termyne predikant was van die Vrye Christelike Gereformeerde Kerk te Frankfort, het by op 28 Februarie 1993 finaal die tuig neergele. Hy wou teruggaan Outjo toe. Sewe maande voor sy dood skryf hy: ‘Nou is ons sterk besig om te probeer terugkeer na ‘ons land’, na ons dierbares en na onse mense.’ Dit was hom nie beskore nie. Op 21 September 1993, toe hulle trek reeds gepak was, sterf Fanan. Sy kerk, sy dierbares, sy mense in die Sandtrapperland groet hom met heimwee.- C Marais.