Van Der Spuy, Petrus

Ds Petrus van der Spuy

GEBORE

23 Nov. 1722

OORLEDE

4 Mrt. 1809

UNIVERSITEIT

Leiden en Groningen

GELEGITIMEER

1746

ORDEN

1746

STANDPLASE

1746 Kaapstad

1753 Drakenstein

EMERITEER

20 Mar 1781

Bekwaam hom in Leiden en Groningen, Nederland eers as dokter en toe as predikant. Hou op 23/8/1746 as eerste predikant wat in Suid Afrika gebore is sy intreepreek in Kaapstad. In 1753 is hy predikant in Drakenstein. Tree af op 20/3/1781.

Ds. Petrus Van Der Spuy was de eerste Afrikaner, die predikant is geworden. In het jaar 1722 te Constantia aan de Wijnberg geboren, werd de jonge Van der Spuy op jeugdige leeftijd naar Europa gezonden om in de medicijnen te studeren. Zijn doktersgraad behaald hebbende, kreeg hij lust in de theologie te studeren en leraar te worden. Hij legde zijn eindeksamen in 1746 af, werd tot tweede predikant van de gemeente Kaapstad aangesteld, en aanvaardde zijn bediening de 22ste Augustus met een intree-rede over Gen. 31 : 3 : „En de Heere zeide tot Jacob : Keer weder lot het land uwer vaderen en tot uwe maagschap en Ik zal met u zijn.” Op de 21ste Julie 1748 diende hij het sakrament van de doop toe aan een dochtertje van zekere Carel Maximiliaan Atleda, destijds direkteur van het Goevernements-Slavehuis en de Houtmagazijnen. Het kind ontving de naam van Maria Elizabeth. Na de doopsbediening vroeg de predikant op schertsende wijze aan de ouders om het dochtertje voor hem tot een huisvrouw op te voeden. Toen. Ds. van der Spuy 60 jaar oud was trad hij met datzelfde meisje in het huwelik. Op de 8ste April 1752 werd het eerste eeuwfeest ter gedachtenis van de stichting van de Kolonie en het invoeren van de christelike godsdienst in Zuid-Afrika gevierd. Ds. van der Spuy hield de feestrede bij die gelegenheid, en wel naar aanleiding van Ps. 147 : 12-14. Hij arbeidde te Kaapstad tot de 17de November 1752, toen hij naar Drakenstein (nu Paarl) verplaatst werd. In 1791 overleed zijn vrouw na een echtverbintenis van slechts 10 jaren. Haar dood ging hem zeer ter harte, maar de beproeving was hem tot zegen. Iemand, die hem goed gekend had, deelde vele jaren later aan Dr. Robertson van Swellendam in een schrijven mede, „dat het God belfaagd had door veelvuldige beproevingen. Ds. van der Spuy zijn betrekking tot de eeuwigheid dieper te doen gevoelen en hem te schenken de invloed van de Heilige Geest, waardoor hij zich onverdeeld aan Christus overgaf.” Toen leerde hij eerst recht als zondaar zijn Zaligmaker kennen en aan zijn hart de kracht van ‘t evangelie gevoelen. Hij was een vriend van armen en noodlijdenden en bood aan iedereen, die behoeftig was, zijn diensten als geneesheer aan. Hij overleed te Stellenbosch in het jaar 1809. (Jaarboek)

 

 

Ds. Petrus van der Spuy (distrik Wynberg, 23 November 1722 – Stellenbosch, 4 Maart 1809) was die eerste Afrikaner wat predikant geword het en wel agtereenvolgens van die NG gemeente Kaapstad en toe die NG gemeente Paarl.

Agtergrond

Sy vader, Melt van der Spuy, was ‘n Rotterdammer van geboorte en is op 14 Junie 1716 aan die Kaap met Maria van der Poel getroud. Petrus is aan die einde van 1730 na sy familie in Rotterdam vir sy opvoeding gestuur. Hier was hy ‘n leerling van die beroemde Erasmiaanse skool. Hy het hom op die universiteit voorberei en is op 9 September 1740 aan die Universiteit van Groningen as student in die teologie ingeskryf, waar hy onder proff. C. van Velzen en D. Gerdes gestudeer het. In die herfs van 1744 is hy na die Universiteit van Leiden waar hy op 14 September as teologiese student in skryf en het daar nog ‘n jaar gestudeer. Sy begeerte was om na sy vaderland terug te keer en daarom het hy hom aangemeld om voor die Klassis van Amsterdam (die Ring waaronder die Kaapse NG gemeentes destyds geval het) proponent te word. Op 4 Oktober 1745 is hy praeparatoir geëksamineer en beroepbaar gestel. Die klassis het hom op 11 Januarie 1746 peremtoir geëksamineer met oplegging van hande vir die Kaap georden. Sy jongste kind het in 1852 meegedeel dat sy vader ook eers in die medisyne gestudeer het en nadat hy daarin gekwalifiseer het, teologie opgeneem het. Dit lyk onwaarskynlik, want hy is op 9 September 1740, toe hy nog nie 18 jaar oud was nie, te Groningen as student in die teologie ingeskryf. Van ‘n inskrywing as mediese student kom niks voor in die Studente-album nie. Hy het daar gestudeer tot 1744 en toe nog ‘n jaar in Leiden, dus altesaam vyf jaar, die gewone tydperk vir ‘n teologiese kursus in daardie tyd. Dit is moontlik dat hy naas sy teologiese studie ook nog enige mediese kennis opgedoen het, maar onwaarskynlik dat hy daarin sou kon kwalifiseer.

Kaapse predikant

Hy het kort ná sy ordening skeepgegaan en op 17 Augustus 1746, ná ‘n afwesigheid van meer as 15 jaar, weer sy voet op sy geboortegrond gesit en vyf dae later reeds in Kaapstad gepreek. Sy teks was Genesis 31:3 (Statebybel): “En de HEERE zeide tot Jakob: Keer weder tot het land uwer vaderen, en tot uw maagschap, en Ik zal met u zijn.” In Kaapstad was hy die opvolger van ds. Le Sueur en het daar gebly tot hy in 1753 na  Drakenstein verplaas is. Op 8 April 1752 het hy die eeufeesrede gehou “tergelegenheid van de Honderdjarige Possessie van Cabo de Goede Hoop”. Dit het in druk verskyn. Dit het dus op ses jaar na ‘n eeu geduur voordat die nedersetting aan die Kaap sy eerste predikant uit eie geledere opgelewer het.

In Drakenstein

In die Paarl sou sy moeilikhede meer was as wat al die predikante voor hom saam in daardie gemeente ervaar het. Daardeur is hy byna gebreek. In 1771 het daar ‘n twis uitgebreek wat die ergste van sy soort was wat tot in daardie stadium óf sedertdien in ‘n Suid-Afrikaanse gemeente sou voorkom en waardeur die gemeente Drakenstein byna verwoes is. Die twis het ‘n volle 14 jaar aangehou en het begin toe die heemraad en burgerluitenant Thomas A. Theron as ouderling gekies is. Ds. Van der Spuy het aanvanklik buite die twis gestaan, wat feitlik ‘n aaneenskakeling was van allerhande persoonlike vetes wat onder die mense gewoeker het. Die kerkraad was magteloos, die Politieke Raad ook en selfs die Klassis Amsterdam kon dit nie bedwing nie. Die mense het so lank getwis dat hulle naderhand nie meer kon onthou waaroor dit gegaan het nie. Ds. Van der Spuy is ook daarby ingesleep toe van die mense die skerp punte van hul pyle op hom gerig het. Uiteindelik het dit vir ds. Van der Spuy te erg geword en hy is ook liggaamlik oorweldig sodat hy in 1781 aansoek gedoen het om emeritaat. Dit was ‘n persoonlike vernedering vir die eerste gebore Suid-Afrikaanse predikant, die oudste predikant van die Ned. Indiese Kerk, waartoe die Kaapse Kerk ook gereken is. Dit is op 20 Maart 1781 op die mees eervolle wyse aan hom verleen en die Politieke Raad het hom bedank vir sy “onvermoeide ywer en trou”. Hy kon tot aan die einde van sy lewe sy volle salaris behou “vanweë sy veeljarige diens, voorbeeld in die lewe en stigting in die leer”. Op 9 April daardie jaar het hy van die kerkraad afskeid geneem. Al die lede het hom bedank vir sy “getroue diens … en hom allerlei tydelike en ewige heil toegewens”.

Aftrede

Ds. Van der Spuy het op Stellenbosch gaan woon, maar die vervolging uit Drakenstein het nie opgehou nie. Op Sondag 21 Augustus 1785 het hy in die kerk op Stellenbosch ‘n kindjie gedoop en na afloop van die diens het twee persone, Daniël Joubert en Jacobus Roux, wat nou verwant was aan sommige van die Drakensteinse mense wat so heftig getwis het, op straat lawaai gemaak oor hierdie doopbediening en allerhande haatlikhede teen ds. Van der Spuy kwytgeraak. Dit was so erg dat die owerheid hulle daaroor moes aanspreek. En op Sondag 26 Maart 1786 was ds. Van der Spuy by ds. Aling in die kerk op Drakenstein en sou op versoek van sy opvolger die doopbediening waarneem. Maar nadat die formulier gelees en ds. Van der Spuy na die preekstoel gekom het om te doop, het die grootvader van die kind geweier om hom deur ds. Van der Spuy te laat doop en moes ds. Aling dit doen. Dit het ‘n konsternasie veroorsaak en volgens ‘n blykbaar vooraf gereëlde plan het verskillende persone by wyse van demonstrasie uit die kerk geloop.

Volgens sy seun het ds. Van der Spuy se lydensweg in Drakenstein sy geestelike lewe verdiep en hom nader aan die Here gebring. Hy was al die jare dat hy predikant was ongetroud, maar op 19 Januarie 1783 tree hy, toe hy reeds 60 jaar oud was, in die huwelik met Maria Elisabeth Adleda. Hy het haar op 21 Julie 1748 in Kaapstad gedoop en volgens oorlewering daarna skertsend aan haar pa gesê dat hy die kindjie vir hom as vrou moet grootmaak. Die huwelik was gelukkig en vir ds. Van der Spuy ‘n lig in sy lewensaand. Vier kinders is uit die huwelik gebore, almal op Stellenbosch: Maria Carolina (30 November 1783), Johanna Ijda (28 Augustus 1785), Hermina Huberta (22 Julie 1787) en Petrus Melt (2 Augustus 1789). Reeds in 1791 (‘n ander bron gee 1793) is sy vrou oorlede. Hy het hierna nog 18 jaar gelewe en die eerste Britse besetting van die Kaap, die Bataafse bewind sowel as die tweede en laaste Britse besetting beleef.