GEBORE
22 Jul. 1905
OORLEDE
25 Nov. 199
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1932
ORDEN
1934
STANDPLASE
1934 Simonstad
1947 Pinetown
1949 Oudtshoorn
1953 Retreat
EMERITEER
1967
Ds. Nico van der Merwe was die seun van ʼn predikant van Amersfoort. By studeer op Stellenbosch en word in 1932 gelegitimeer. Sy loopbaan as predikant begin in verskeie gemeentes as proponent.
Sy eerste gemeente was Simonstad waar by in 1934 bevestig is. By moes te voet in die duine huisbesoek en ware baanbrekerswerk doen.
Op 8 Augustus 1947 word by in die NG gemeente Pinetown, Natal, bevestig. Sy volgende gemeente was die NG gemeente Oudtshoorn (*1949) en daarna Retreat (*1953) , waar by in 1967 afgetree het.
Na trombose en komplikasies is by op 25 November 1993 oorlede. Hy laat sy vrou, wat in die Strand woon, ʼn seun en dogter en kleinkinders agter.
As mens met besondere deernis was hy die ideale dominee. Hy het altyd die tweede myl saam met mense gestap as rustige, vredeliewende mens wat altyd vrede gemaak het waar daar onmin was. Sy liefde vir die natuur en vir wat mooi is, was kenmerkend en die herinnering aan ʼn besondere man bly lewendig en kosbaar. (Jaarboek 1994).