Van Der Merwe, Marthinus Hendrik

 

GEBORE

23 Aug. 1920

OORLEDE

Sep. 1984

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1955

ORDEN

1956

STANDPLASE

 1956 Middelvlei

1961 Wakkerstroom

1964 Olifantsfontein

EMERITEER

1981

Ds. Marthinus Hendrik Van Der Merwe (23 Aug. 1920 – Sep. 1984) het sy studie in 1955 aan die Teologiese Fakulteit in Pretoria voltooi en toe het sy amptelike bediening van ongeveer ʼn kwarteeu met sy bevestiging in 1956 in die Wes-Transvaalse gemeente Middelvlei begin, na aanvanklike hulpdiens op Krugersdorp. Daarna staan hy in die Oos-Transvaalse gemeentes Wakkerstroom (*1961) en Olifantsfontein (Junie 1964); toe in die Suid-Transvaalse Johannesburg-Noord (April 1967) en oplaas in die Vrystaatse Cornelia van April 1976 tot sy emeritaatsaanvaarding op 25.1O. 1981. Die laaste jare van sy lewe woon hy op Heidelberg (T); Hy is op Vrede gebore en het later saam met sy ouers na Paardekop verhuis, waar hy standerd ses die skool verlaat het om sy pa met die boerdery te help. Toe die roepstem tot die bediening in 1944 na hom gekom het, is hy terug skool toe. Sy admissiestudie het op Stellenbosch en Potchefstroom geskied. (Jaarboek 1982).