Van Der Merwe, Izak Marais

Ds. Van Der Merwe Izak

GEBORE

11 Jun. 1925

OORLEDE

16 Jan. 2005

UNIVERSITEIT

BA, Lis Teol

GELEGITIMEER

1950

ORDEN

1951

STANDPLASE

1951 Masjonaland

1964 Burger

1967 Phalaborwa

1971 Messina

1976 NGK Marken

1986 NGKA Lerato

EMERITEER

1990

Ds. Sakkie Van Der Merwe (BA, Lis Teol.) 11/06/1925 – 16/01/2005

Isak Marais van der Merwe is op I I Junie 1925 op Aliwal-Noord op die walle van dic Oranjerivier gebore. Sy vader was Willem Steenberg Johannes van der Mcrwe wat die Here as boer dien, sy moeder wasJohanna Catharina Steyn. Hy ontvang sy eerste skoolopleiding aan die Laerskole Flaauwkraal in die distrik Jamestown (*1933-1937) en te AliwalNoord (*1938-1939); en matrikuleer in 1943 aan die Hoërskool Aliwal-Noord.

Hy voel geroepe om predikant te word en vertrek na die Universiteit van Stellenbosch waar hy die BA(Admissie)-graad einde 1946 behaal en so toelating tot die Teologiese Seminarium op Stellenbosch verkry. Sakkie het geroepe gevoel om in die sending die Here te dien. Aan die einde van 1950 word Sakkie as proponent gelegitimeer, waarna hy beroepbaar gestel word vir dic sending. Hy ontvang ʼn beroep as sendeling na Masj onal and in die huidige Zimbabwe, soos gebruiklik word hy met handoplegging in sy tuisdorp Aliwal-Noord bevestig. Dit was ʼn aandoenlike oomblik vir die kerkgemeenskap van Aliwal-Noord toe hierdie jongman op 6 Januarie 1950 voor die kansel van die mooi kerkgebou plegtig voor God en die aanwesiges beloof om afgesonder te word vir die sendingtaak.

Ds. Sakkie van der Merwe vertrek as ongetroude jongman na die vreemde, maar die Here stuur vir hom ʼn pasmaat, Martha Johanna Fourie met wie hy op 1 Januarie 1952 in die huwelik tree. Uit die huwelik is vier dogters gebore: Gema, getroud met M van Veelen. Marina, getroud met Floris Venter, Petru, getroud met Johan du Plessis en Wilna, getroud met Henkie Booysen. Ds. Sakkie het elkeen van sy dogters op ʼn besondere manier liefgehad en baie bedcrf, die ses kleinkinders was vir hom baie besonders.

Hy was ʼn sendeling in murg en been, soos sy dienstyd in Masjonaland van 1951 tot 1964 te Gutu en J ichidza getuig. In 1964 keer hy terug na die Republiek as leraar na die NGKA Burger en in 1967 na die NGKA Phalaborwa. Ds. Sakkie neem in 1971 ʼn beroep aan na die gemeente Messina naby die grenspos tussen die RSA en Zimbabwe. In 1976 word hy leraar in dic Moederkerk van die NG Gemeente Marken, waar hy 10 jaar lank geseënde diens verrig. Hy voel gcroepe om in 1986 ʼn beroep aan te neem na die NGKA Lerato, waar hy op 1 Julie 1990 sy emeritaat aanvaar. Na sy aftrede vestig die egpaar hul le in Garsfontein, waar hy as ouderling diens doen in die NG Gemeente Garsfontein-Park. Hy help twee keer per week met pastorale werk in die hospitaal en gee besondere aandag aan kankerpasiënte wat radioterapie behandeling ontvang.

Ds. Sakkie sal onthou word vir uitstaande kenmerke soos sagmoedigheid, vriendelikheid, vredeliewendheid, mensliewendheid en nederigheid. Hy het met oorgawe kwaliteit tyd aan mense afgestaan, terwyl sy licfde uitgestraal het sodat ʼn mens dit in sy vriendelike glimlag kon 1 ees. Hy was ʼn blymoedige en vriendel ike mens en sy voorbeeld sal altyd ʼn inspirasie bly. In sy omgang met mense was hy vredeliewend, vriendelik en vol barmhartigheid en baie ontfermend. Hy was onpartydig en het nooit geoordeel nie, en sy diep intimiteit met God was ʼn riglyn vir almal.

Ds. Sakkie van der Merwe sterf op 16 Janaurie 2005 en sy roudiens word op 21 Januarie 2005 waargeneem deur ds. J Crafford in die NG Kerk Montana, die verassing is ʼn privaat geleentheid vir die naby familie. Ds. I I Wepener lewer ʼn huldeblyk, terwyl dr K P M aelene vertel van sy 40-j arige verbintenis niet ds. Sakkie as sendeling. In 1965 besluit die leraar om die jong swart seun se skoolgeld te betaal na ʼn ontrnocting by Maandagshoek. Ily kwalifi seer in 1976 as mediese dokter en het nooit sy weldoener vergeet nie, tot die einde toe het hy na hom teruggekom vir raad en gebed.

Ds. Sakkie van der Merwe se lewensbeeld word deur die NG KA gemeentelede saamgevat: “Motho ke motho ka batho”. In Afrikaans beteken dit: “ʼn Mcns is ʼn mens deur ander mense”. – Dr Gerdrie van der Merwe. (Jaarboek 2006)