
GEBORE
16 Apr. 1908
OORLEDE
30 Mrt. 1980
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1934
ORDEN
1935
STANDPLASE
1935 Stanford
1938 Soutpan
1941 Verkeerdevlei
1948 Durban-Wes
1950 Ladybrand
1952 Direkteur Ladybrand-weeshuis
1956 Jagersfontein
1962 Winburg
EMERITEER
1976
Ds. Frederik Johannes (Frikkie) Van Der Merwe (16.4.1908 – 30.3.1980) was ʼn seun van die gemeente Reddersburg en sy bediening van oor die 30 jaar het dan ook grotendeels in die Vrystaatse Kerk geval. Nadat hy sy teologiese studies 1934 op Stellenbosch voltooi het, word hy 26.10.1934 as leraar van die Kaaplandse gemeente Stanford bevestig. Daarvandaan gaan hy 1938 na Soutpan, om drie jaar later ʼn beroep na Verkeerdevlei, ook in die Vrystaat, aan te neem. Toe kom die Natalse gemeente Durban-Wes (*1948) aan die beurt, maar twee jaar later is hy as leraar van Ladybrand in die Vrystaat terug en in die mooi dorp word hy 1952 direkteur van die groot Ladybrand-Kinderhuis. Sy laaste twee vaste werkkringe is die Vrystaatse gemeentes Jagersfontein (*1956) en Winburg (*1962); In die ou moedergemeente bly hy totdat hy 1976 aftree en hy en sy eggenote hulle in die Lofdalwonings in Bloemfontein gaan tuismaak, waar hulle tot sy heengaan woon. Ds. W P van der Merwe en wyle ds. J J K van der Merwe was sy broers. (Jaarboek 1983/259).