
GEBORE
1872
OORLEDE
Junie 1953
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1903
ORDEN
1904
STANDPLASE
Krugersdorp (Hpr.)
1905 Roodepoort
1909 Christiana
1913 Bethlehem
1927 Waterval
EMERITEER
1941
Ds. Carel Aron Van Der Merwe is in 1872 in die distrik Calvinia gebore en in Junie 1953 oorlede. Hy is in 1903 gelegitimeer en in 1904 as hulpprediker van Krugersdorp bevestig, Daarna het hy die volgende gemeentes bedien Roodepoort (*1905 – 1909); Christiana (*1909 – 1913); Bethlehem (*1913 – 1927) en Waterval (*1927 – 1941); In 1941 het hy sy emeritaat aanvaar, maar hy het tot ʼn jaar voor sy heengaan nog steeds aktief in verskillende gemeentes gehelp. Hy was ʼn besonder beminde figuur in kerklike kringe. As voorsitter van die Sinodale Sendingkommissie het hy die sendingsaak getrou gedien en ook in baie ander rigtings het hy groot dienste vir Kerk en volk gelewer. (Jaarboek 1954)