GEBORE
2 Mrt. 1890
OORLEDE
1950
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1914
ORDEN
1915
STANDPLASE
Njassa-Sending
1929 Amandelboom
EMERITEER
–
Ds. Mattheus Gerhardus Uys is gebore op 2 Maart 1890. In 1914 is hy gelegitimeer en na sy ordening in 1915 het hy veertien jaar lank in die Nyasalandse sendingveld gewerk. In 1929 het hy ‘n beroep na Amandel-boom (Williston) aanvaar en bykans 21 jaar die gemeente getrou bedien. Deur sy minsame en opgewekte persoonlikheid was hy vir talle ‘n inspirasie en hy was besonder geliefd deur die jeug. Hy het geen opoffering te groot geag om veral vir die opgroeiende jeug tot diens te wees nie en het o.a. uitgebreide skooltoere georganiseer. Hy het nie net sy gemeente en Kerk getrou gedien nie, maar het ook die belange van die wyer gemeenskap op die hart gedra. So was hy jare lank voorsitter van die skoolraad en tot kort voor sy dood burgemeester van Williston.