UITKOMS

Uitkoms

Die doel van die Uitkoms Inrigting wat in Johannesburg geleë is, en onder beheer staan van die Armesorgraad van die Witwatersrand, is om aan ongetroude moeders huisvesting en beskerming te bied, hulle by te staan met hul bevalling, en te trag om hulle geestelik en maatskaplik te rehabiliteer. ‘n Baie toegewyde en voltydse maatskaplike werkster is aan die inrigting verbonde. Daar is gedurende 1950/51 68 babas in die inrigting gebore, waarvan 61 aan ouerpare in adopsie weggegee is. Die aantal verwagtende moeders wat deur die jaar opgeneem is, was 68.

BRON: NG Kerk Jaarboek 1952