GEBORE
14 Okt. 1878
OORLEDE
14 Jun. 1932
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1904
ORDEN
1905
STANDPLASE
Heilbron (Hpr.)
1907 Lindley
1913 Ficksburg
1926 Uitenhage
EMERITEER
–
Ds. Anthonie Johannes Troskie was ‘n seun van die gemeente Somerset-Oos en is op 14 Oktober 1878 gebore. Hy het sy teologiese opleiding aan ons Seminarie op Stellenbosch ontvang en is aan die end van 1904 gelegitimeer. Die eerste en langste tyd van sy ampsbediening het hy in die Vrystaatse Kerk deurgebring eers as hulpprediker van die gemeente Heilbron waar hy op 15 April 1905 georden is, toe as leraar van die gemeentes Lindley (van 1907) en Ficksburg (van 1913); In 1926 het hy ‘n beroep aangeneem na Uitenhage, waar hy, ewe as in sy vorige gemeentes, deur sy beskeidenheid, tak en liefde baie harte gewen en met kenlike seën gearbei het tot aan sy dood wat, na ‘n operasie, onverwags op 15 Junie 1932 in ‘n Port Elizabethse hospitaal plaasgevind en ‘n einde aan ‘n nuttige loopbaan gemaak het.