Theunissen, Marthinus Wilhelmus

 

GEBORE

20 Jun. 1920

OORLEDE

28 Des. 1983

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1948

ORDEN

1949

STANDPLASE

1949 Benoni-Wes

1951 Waterval

1962 Charl Cilliers

1966 Weenen

EMERITEER

Ds. Marthinus Wilhelmus (Martin) Theunissen (20.6.1920 – 28.12.1983) is op Greylingstad gebore waar wyle ds. N H C de J Theunissen destyds leraar en sy vader vroeër ook ‘n bekende kerkman was. Hy matrikuleer op Bethlehem en gaan toe vir sy universiteitsopleiding na Pretoria. Met die voltooiing van sy teologiese studie aan die Kweekskool op Stellenbosch word hy in 1948 gelegitimeer en op 11.8.1949 in die toe pas gestigte Benoni-Wes bevestig. Daarna bedien hy ook die Transvaalse gemeentes Waterval (Johannesburg) (1951) en Charl Cilliers (1962); toe Weenen in Natal (1966) en eindelik van 1973 tot sy aftrede weens ernstige hartversaking op 28.6.1981, Morgenzon, weer in die Transvaal. Sedertdien laat sy gesondheid soveel te wense oordat hy dikwels hospitaal toe moet gaan. Hy sterf dan ook aan ‘n hartaanval in Durban. Hy was ‘n besonder geliefde mens en predikant en omdat sy bediening vir hom waarlik erns was, het hy dit deur alles heen met groot toewyding vervul.