Theron, Willem Jacobus

 

GEBORE

25 Nov. 1871

OORLEDE

5 Julie 1958

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1899

ORDEN

1903

STANDPLASE

Winburg (Hpr.)

1906 Marquard

1914 Knysna

1926 Hopetown

EMERITEER

1937

Ds. Willem Jacobus Theron is in 1899 gelegitimeer, en het toe op versoek van dr. Andrew Murray die geestelike belange van die krygsgevangenes in die kampe van Groenpunt en Simonstad behartig. In 1903 is hy georden as hulpprediker in die gemeente Winburg, waar hy besondere aandag gegee het aan die huisgesinne wat deur die Tweede Vryheidsoorlog getref is. In 1906 is hy na Marquard, in 1914 na Knysna en in 1926 na Hopetown waar hy gearbei het totdat hy sy emeritaat in 1937 aanvaar het. In al die gemeentes het hy met groot vrug gearbei en veral liefde vir die sendingsaak gewek. Na sy aftrede was hy nog enige jare behulpsaam in die gemeente Somerset-Wes. Hy is op 5 Julie 1958 in die ouderdom van 86 jaar oorlede.