GEBORE
–
OORLEDE
4 Sep. 1970
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1922
ORDEN
1924
STANDPLASE
1924 Hofmeyr
1929 Merwe
1934 Fort Jameson
1944 Lusaka
EMERITEER
1962
Ds. Ockert Salomon Theron is in 1922 as sendeling gelegitimeer. Daarna het hy 39 jaar lank in Zambië gearbei, in die gemeentes Hofmeyr, Merwe, Fort Jameson en Lusaka. Hy was o.a, voorsitter van die Sendingraad en Moderator van die Sinode. Sedert aanvaarding van sy emeritaat in 1962 was hy geestelike arbeider in Aandrus, die modeldorpie vir bejaardes in Bloemfontein. Hy is op 4 September 1970 aan ‘n hartaanval Oorlede. (Jaarboek 1971/485).